Rieldans Goud
in heimwee se hartklop waar die diepste geheime skuil saam met ’n winterwind huil en op soetseer melodieë galop met ’n moedswillige opskop waar die maan stilweg pruil oor die roep van ’n eensame uil wat trillend beur deur sy krop sterre verskiet in ’n ritmiese dans op ’n malse na-nag-simfonie gee aan heimwee […]
Anna Goud
Anna haar oë het haar Anna-mens verraai agter lagsluiers het diepseer geskuil alleen na-nag saam met die wind gehuil soveel keer om en om gedraai en verraai tot vroeg oggend môre se hanekraai sou sy so graag haar lot wou verruil haar hart deur skerpuntdorings gemuil Here! Bring vir haar ‘n ommeswaai op haar knieë […]
drool
” ..na die drool kom ontnugtering, skok en droogte” haar aanhangers het letterlik aan haar lippe gehang behoorlik gefantaseer oor elke verskyning van haar hul romantiese bewondering van haar vrouwees die opwinding wat dit opgewek het dikwels oordadige begeerte vir haar eiesoortige humor altyd ten koste van iets of iemand nou kom […]
onverwags
“Van ‘n donkie moet jy ‘n skop verwag van Klein Daantjie Donderbos ‘n stofwolk” deur my gedagtegang breek daar wolke donker wolke, reēnwolke ook digte mis na gelang van baie dae en jare se gekrap krap soms waar dit nie jeuk of ontsteek nie kom daar meteens helder woorde en sinne het straatdigter […]
takel
deur storms en orkane het sy skip geseil takelwerk soms in flarde geskeur maar telkens in veilige hawe steeds drywend vasgemeer na baie pik en teer gekap en gesmeer vaar herstelde seilskip uit op die seë van grootse windbelaaide wêreld oor berge deinende golwe weer teen skemeraand terug te keer vir goed […]
poësie (Goud)
laat my ontvlug na my eie hartsplek waar God se kwistige kwas my siel laat ontwaak om my woorde werklik te laat mooi maak om my pen te laat leeg loop in poëtiese bestek laat my aansit om sonder woordgebrek my wese te ledig en verse te bemaak aan húlle wat dors om die dieper […]
Reën (Italiaanse sonnet) (Goud)
Reën (Italiaanse sonnet) (Goud) Ek sien ‘n wolk soos watte teen die blou; ‘n Son wat skroeiend oor die dorheid brand en deur die hunkers van die honger sand, ‘n kokerboom wat hande opwaarts hou. Ek hoor die fluitstem van die Piet-my-vrou. Hy roep die reën na hierdie droë land. Ek sien die bliksems teen […]
kastele in die seesand
my gedagtes is vandag soos kastele in seesand soos weekdiere kamoefleer vervaag gedagtes in geskrewe woorde onder die gruis en sand van my strand soos klein deeltjies verweerde rots uitgespoel uit groot massa water wat selfstandig funksioneer op maat van metronoom wat reēlmatig in getye kom en gaan skuur dit ewig oor strand […]
Seebries
my hart deining ritmies met elke gety as my hare deur jou golwe kroes en my blou omhelsing oor jou skouer proes waar my begeerte oor jou sandspore branderplankry my souttrane sproei en belei as ek oopmond skuimbolle hoes dan dreun my naspel ’n satire oor jou goudbruin roes want uit my kern sandduin […]
nota aan my siel
van jota tot tittel in hierdie gedig is aan myself gerig my siel, ..waarom onrustig alles op aarde kom tot ‘n val slegs wat die DRIE sê bly staan terwyl jou beste pogings vergaan al kleef jy aan die aardse stof begeer jy al meer wysheid geseën met grysheid oog vir oog […]