Koester
Koester Styf in perfeksie toegevou soos ‘n roosknop in ontplooiing vertroetel in die binnekring benat in glinsterende dou gelouter deur wind en kou omarm met ‘n warm sonstring deur kroonblare omkring bewaar in skeppingskou. Gekoester in die moederskoot vertroetel in die baarmoeder mens in perfeksie ontbloot goddelik benader versorg tot die dood in beskerming van […]
DOLLARNOOT
DOLLARNOOT (3 348 w) Oktober Projek. ’n Gemaklike stilte heers tussen die twee mense op die stoep waar hulle ’n panora-miese uitsig het oor Frans Kuhn se spogplaas. Hy het Martie Swift vyf jaar gelede toevallig in die apteek ontmoet toe sy spontaan met sy Downsindroom broer, Arrie, aan die gesels geraak het. “Jy’s die […]
Lankmoe(r)digheid Oktober uitdaging: Italiaanse sonnet
Lankmoe(r)digheid Italiaanse sonnet in onnederige onverdraagsaamheid glo ek opreg aan proselitisme van die pendulum se swaai eensydig het die waarheidswet my siel so swaar verkneg dat die kommerkante van die karmawiel weemoedig draai toe stort die […]
Dagmerrie (silwer)
Oor jare het ek dit ongeduldig begeer die landelike eenvoud, verbind aan die grond geen offer te groot, heilig die verbond van die droom se diepkant sou ek anderdag leer Elke dag word ‘n reis, saaityd, lamtyd en skeer die helder sternagte, ons leef aan die front die voorreg van boerwees bring lof na my […]
denkende digter
alle navorsing is denke maar alle denke is nie navorsing nie . denkende digters is op soek na formele, sistematiese, intensiewe metodiese, gekontroleerde, geverifieërde en algemeengeldige uitsprake wat probleemoplossing het die digter dink altyd aan iets, iemand of iets wat gebeur of gebeur het vir die “navorser-digter”is denke in isolasie, leeg, betekenisloos, ‘n […]
Jou lig | ©Ricco |
Soms breek die reënboog aan die rant van storms deur die grys prisma en spat `n tooisel kleur waar die horison in draakvorm vir my loer: op hierdie Maandagmôre wat self sy blou verloor het is jý vir mý ook so `n belofte dat die ongenooides nié sal hinder waar jy vir my jou lig […]
DEPRESSIE [woordtelling: 5565]
Wanneer depressie omsit in hoogmoed, sit jy met ’n gevaarlike kombinasie. Hoe lui die spreekwoord nou weer? ‘Hoogmoed kom tot ’n val.’ Veral as depressie die dryfveer agter hoogmoed is. Dít het ek op agtienjarige ouderdom eerstehands ervaar. En wat ’n val was dit nie! Hier volg my storie. Pa het besluit dat ons ’n […]
Verootmoediging: Italiaanse sonnet: Oktober maandtema
Verootmoediging die jaar se geleefdheid sterf by my verby in paaiemente wat dwarsdeur die pekel van pyn beur verweerd deur seisoene se sny en skel en skeur en my vol kwota tongstorms onbely wat die volwolksnag se umbra laat gedy en gedoende dade wat grense kartets in galgeur persona non grata! staan jy voor ‘n […]
reg
in-mens of uit-mens die reg op bestaan is verskans in ons land, onder ‘n Handves Van Regte die reg op ‘n omgewing wat nie skadelik vir jou gesondheid of welsyn is nie wat is die elixer daarvan het ons as volk nog éen dryfveer bestaan daar nog vrye-wil, -spraak, -keuse, assosiasie, -godsdiens […]
stoere boer
stoer is nie stug boerdery nie ‘n klug onvoorspelbare groep lewensbedreigende beroep stewig, ferm en sterk staan hul man, vrou en kind ; fors en spesiaal al woon jy in die stede vandag lê jou hart nog in die grond duur gekoopte plaasgrond met bloed en sweet stoere ontwikkeling van agterlike bestaan tot […]