Wie is die mens
Bron’s afdeling Wie is die mens om in opstand te kom teen die Skepper van heelal en Sy heiligdom ? wie is die mens – tog so verwaand in sy denke oormatig en selfvoldaan ! Wie is die mens dat U aan ons dink wyl ons voortdu in duistere werke rinkink wie is ons wat […]
terugblik (Goud)
ek het stil gaan staan en terug gekyk om te sien hoe ver ek gekom het ek het stom-verbaas gestaar na my argelose voetspore op eens oop en skoon paaie nou besaai met duwwels en dorings dongas waar eens brûe was en ‘n slordige plantasie aangeplant deur ‘n onsigbare hand my vorentoe-terugdraai het my verslaenheid […]
Visieloos
Bron’s afdeling Visie-loos In die skadus van die lang bome het ons hom neergelê: Leeu van Wes-Transvaal. Hier vind hy sy rus, in die lang bome se sus. En los ons visie-loos… In die skadu van die eeu sien hierdie volk dof in toekoms se spieël Die wolk se goue […]
Verstreke piëteit
ek wens ek kon jou uit my kop laat klim sodat ek jou kan bêre in die kluise van die see ek wil die verlange snare van my hart trim sodat ek jou daarmee uit my gedagtes kan vee dis ‘n einde wat saggies aan my siel knaag, ‘n vuur wat brand met elke […]
Die strik van sien
Ons staar verwonderd na ‘n skildery, ontroer deur die estetiese van die kunste Ons raak nostalgies in die herlewing van haas vergete juweeltjies uit vervloë dae Ons waardeer oomblikke van vrede, die rare belewenis van ‘n versadigde gemoed, ‘n stukkie hemel op aarde Ons koester die liefde, die mees beskrewe maar steeds gebrekkig uitgebeelde spesiale […]
Besigheid Etes
Die maître d buig haar vorm sag oor tafelblad skuif leer met keuses voor, wat die aandag steel is haar hals monde sweet speek berei voor vir die geregte want eksotiese keuses was gemaak, droewige druiwe resultaat heelaas vervlak die gezoom gesels uitleg van buurman se bord ń wonder kosskouspel en vele geure vul neuse, […]
Doodgelate
swart materie hang in hemelkaste in koue onbekende ruimtes ligjare ver water, sand, klippies en sement eers wyd versprei, vermeng staansaam as sterk beton sand drink branders totdat die almagtige gety net sy natbroek agter laat insekte broei voort ongeag die gedoom van vingers op plastiek in vlak plassies ongeag die spoke in kaste krake […]
Wonderland – Brons
Die magiese eenhoring begroting vasgewortel deur ‘n kleptomaniese regering waar belasting betalings hemelhoog heers en salarisse skielik ly aan hoogtevrees die selfopgelegde uitdagings ‘n onbevoegde taak die toegekende tenders lê uitgebuit en braak vermiste miljoene word gesteelde biljoene terwyl hul Gucci sakke gevul is met triljoene die bevoorregtes is oorvreet en dik die […]
Skabreus Silwer
Skabreus ek slaan my oë op na die halfgehapte witteberge wat onverduurlik in grouheid gryns en gloei en bokkerol bevestig en beaam van wat ek geleer het van moederskoot reeds waarvandaan sal daar hulp kom vir die swak sieligheid van my beroerde binneste bekonkeldheid man niemand en niks word meer heel nie orals lê […]
Maart 2025 – OOP projek
Beste INKers Streng gesproke is die 1ste Maart die begin van herfs vir ons hier aan die Suide. Die temperature reflekteer dit vir seker nie. Gelukkig (of ongelukkig vir sommige) is Maart `n projeksiklus sonder voorskrif. Nou is die tyd om die laaie oop te trek en die rekenaarlêers te ontsluit waarin dáárdie […]