My vellies ken die pad
My vellies ken die pad ‘n Lewe lank het ek gestap. Bult geklim, afdraandes gedraf. Klippe in my skoen, sole losgetrek. Die pad het my laat lag, maar ek onthou ook die kere wat ek wit geskrik het. Hierdie ou pad wil geloop word. Geen wiel kan die pad van die lewe […]
Tonteldoos se mooiste Roos Goud
Die omies van huis Tonteldoos Stry almal oor een mooie roos Die een oom vertel Magrietjie het wel Sy wangetjies bloedrooi laat bloos
Selfs ontsteltenis het ‘n kleur.
Laat ek jou vertel…… (1502 woorde) Brons Retha staan voor die rak kleur kaartjies in die verfwinkel met ‘n frons wat die helfte van haar voorkop kreukel. ‘n Kort, pomelo-vormige vroutjie in ‘n vaal uitrusting kom aangestap. Nee wag, dalk was dit tog ‘n waggel. Soos ‘n eend. Die klein pomelo deel bevele […]
rosie rooi
rosie rooier as die oggendstond vul my hart se kamers met jou geur vul my gedagtes met jou jeug en fleur rosie van my lewensdroom so mooi rosie rooier as die mộrelig soet is jou gange en jou kelke nektar vir my siel se smag hoog bo die berge vlieg jy […]
Gelapte mure
Gelapte mure Verf het jare gelede teen hierdie mure gerus. Spatsels tussen groen en blou klou nog vas aan die ou gebou. Tog moet dit so wees. ‘n Gelapte klavier versier met blomme. Groot, rowwe houtrame met foto’s van eens gewees. Gemaklik en tuis hoor jy die gedruis van eendag, […]
Kaskar op die plaas
Kaskar op die plaas Uit ‘n ou oliedrom en ‘n trekker se stuurwiel bou ou Jan vir ons ‘n plaaskoets. Kaskar heet hy. Wanneer die dorings my tot stilstand bring, vat Tatta Benjamin die stootwerk oor. Eintlik was hy maar net altyd daar om seker te maak ons almal spring oupa se […]
Tot later winter
Tot later, winter Koue aande en kaggelvuur hang nou hul baadjies teen die muur. Die laaste koue byt nog effe, soos die bure se pasop-brak. Sou jy vir ‘n sekonde draai, het hy jou beet aan die hak. Keel wat krap, neus nog toe. Laaste keer vir gemmer kou en sop moet […]
betyds
vroegtydig voordat dit te laat is ‘n altyd teenwoordige faktor binne die westerse beskawing nie so teenwoordig binne afrika-kultuur nie binne militêre verband was sewe minute vroeg meestal bereken as betyds gereed vir elke gebeurlikhede soos vir voordag se “klaarstaan” voor die dag breek en die eerste sonstrale oor die landskap begin […]
jy drom om my… (rus sag – liewe by) SILWER
jy drom om my… (rus sag – liewe by) die dam groet en die koperplaat wink ek rinkink – alleen – in adamsgewaad uit die bloute (soos ‘n spioen in geel en swart) kom drom en brom jy met jou swetsende gezoem en vind rus in my wese – ‘n donderslag van dreigemente kruip […]
Jakkalsdraai se geheim 885 Woorde Goudklas
Speursersant Vermaak ril. Dis nou wratag nie iets wat jy in die middel van die nag wil sien nie. Die dun straaltjie taai rooi krul soos warm lawa deur die sand. Hy ruk sy voet weg. Salpeter slaan in sy neus op en ‘n brak smaak vorm op sy lippe. Dit was eens ‘n mens. […]