Hartswense vir jou
Vir jou wens ek ‘n kerstyd
gevul met vrede, vol van lig.
‘n Tyd waarin geloof jou treë
op elke toekomspad sal rig.
Ek hoop dat inner blydskap
in hierdie mooiste feesseisoen
vir jou ‘n metgesel sal wees
in al jou late en jou doen.
Nog ‘n jaar sal haas verby wees
– ek wis jy moes ook laste dra.
Die lewe met sy sorge
het soms te veel van jou gevra.
Maar mag jy elke seëning
in jou diepste siel bewaar
en elk verdriet en kommer
tóg op lange laas laat vaar.
Dat jy op wysheid en op liefde
as lewensfondament sal bou
en dat geen storm jou verwoes nie,
dit álles – dit wens my hart vir jou.
© Carma Shaw
19 Desember 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek