Vaderlandwilg
Vaderlandwilg
Hierdie ou
vaderlandwilg se
druipende takke
winverwaai deur jare
verstrengel geknoop
briesbuig en wieg
soos ‘n ou man wat bieg
Vergifnis vra ek wind
jy het my so gewaai
my lewenspad geteken
in elke tak se kronkeldraai
dankie vir reën se voetewas
dankie vir die steunstok se stut
ek’s hier geplant en leef
deur hartseer en geluk
© Grootvissie
Februarie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.