Jongste aktiwiteit:

Mooiweersbelofte

Die helder pienk wolke
teen die blou lug gesmeer
dra die nuus vooruit
ons kan seker wees
more wag daar reeds
vir ons goeie weer

Wel dis wat die stem
op die radio sê
maar hy het
seker nie gesien
hoe die droogtelammers
sommer een’ge plek
in die veld bly lê

As die mooiweerson
al die water drink
en die damme bars
en die krippe lê dor
en lugspieël water
hulle verder wink

Want ‘n weer se mooi
vir ‘n stad se mens
is ‘n wêreld weg
van ‘n Kambrookind
wat op sy knieë val
en vir ‘n wolkie soek
want ‘n stortreëndag
is sy hartewens

© Anton Bosch 01/07/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed