Jongste aktiwiteit:

Nagwind Oorwinning

Die nagwind die huil
Eentonig om die hoeke
Van die huise
Deur donker nou stegies
Bo-oor ou rommelmensies
Wat bondeltjie trek
Teen voorwinterkou

Die nagslierte hang
Aan die dorings van drade soos
Winddans papiere se flenters
Die maan haak hom vas
Aan takke in bome
Soos dooie herfsblare

As die sonstrale beur
Deur die vroegoggend mis
Met ‘n ritmese opmars
Soos vlymskerp spieslemme
Wat sny en wat skeur
En geen weerstand meer duld nie
Die nuwe dag in….tot

Die son die stryd opgee
Gaan lê agter rante
Soos ‘n skaam tienerdogter
Met blosende wange
En die nagwind begin huil
Eentonig om hoeke van huise
Deur nou donker stegies…

© 02/12/2012 Anton Bosch




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed