Jongste aktiwiteit:

Lewensroeping

Ek, deur genade, ‘n uitverkore kind van God
probeer daagliks leef onder sy gebod
en daarom is my lewenstaak en lewensroeping
om hulp en hoop aan ander te bring.

My lewe met eenvoud ingekleur
op nerfdun blaaie wat maklik skeur
is nie daar om aan die media-klok te hang
of die wêreld se bewondering vas te vang.

Nee, ek is deur God’s genade gekies om vrug te dra
my lewe te leef soos Hy dit van my vra
en aan gebrokenes van liggaam en gees
‘n oor, ‘n hulp, ‘n trooster te wees.

Elna Kruger 2019
Kopiereg




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed