Redderspoor
Redderspoor
Soos ‘n gnostiese tuin vol blommepraal
straal ‘n geskiedkundige ware verhaal
liggies skitter vir nog ‘n jaar uitgehaal
die Betlehem ster
vingerwys teen piknag donker
‘n Koning gebore deur diep Godshunker
die waaragtige vanuit hemelpaleis
neergedaal soos ‘n spierwit duif
rigting aan Sy kinders te wys
tussen groen velde van ‘n hartsweiding
die Lam van God met volle toewyding
deurboor
opgestaan
met redderspoor
liefde vooruit gegaan
aan regterhand op troon gaan sit
middelaar wie tot God die Vader bid
elke lewensjaar
met lof besing
as ons hulde aan Jesus Christus bring
©️Wendy Leigh
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.