Fluisterwoorde van die hart
deur die mure van jou hartskamer
sag agter die hart se ritmiese hamer
weerklink jou tere liefdeslied
om my te vertel wat jy aan my kan bied
vir my alleen om aan te hoor
met heuningwoorde wat my hart so bekoor
Koor:
as ander fyn wil luister
sal hul besef mure kan fluister
in ‘n sagte liefdes-engel-taal
vertel dit van ons hartsverhaal
in elke detail en nuanse
ons tere liefdesromanse
sagte fluisterakkoorde
word eerbiedig na offer-gebergtes gedra
dis hier waar ons die Vader nederig vra
seën ons liefde, dade ook die woorde
hier waar ons liefde tussen hartkamers bruis
ons sielevreug’ mekaar se hartsnaar kruis
fluister dan sag jou liefdersvers
want onthou mure het ore
doen dit in eerbied by die vlam van ‘n kers
in goue woorde wat vat aan hartsakkoorde
spreek tot jou siel – liefde net vir ons beskore
© Anzé Bezuidenhout
4 Kommentare
-
-
Vonnie
Pragtige ode aan die liefde Anze en nog meer so omdat ons hemelse Vader, wat die oorsprong van liefde is, ook in jou gedig opgehef word. Hy wat nie net die lewens- maar ook die liefdesvonk tussen lewensmaats laat opvlam en dit in stand hou.
-

Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Ek kan dit sommer al hoor as 'n liedjie...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Arnold
"dis hier waar ons die Vader nederig vra seën ons liefde, dade ook die woorde hier waar ons liefde tussen hartkamers bruis ons sielevreug’ mekaar se hartsnaar kruis" Goed verwoord.