Natuurpalet
As die vuurbal se strale goud spikkels verskiet word kosbar’ ultraviolet oor kloof en vlakte gegiet Sonneblom bloos skaam in sy heldergeel raam wyl Gesiggies en Rose sag wieg in die wind Eenkant blêr ‘n verlore lam in die stoomwolk van ‘n kraal maar as die mis eers gaan lê sal sy pa hom wel […]
Die Boland rus in onskuld
Die Boland lê en sluimer In hierdie skoonste môre-uur En geen een kan dit beskryf in woord of taal. Bo hoë en verre pieke Ontvlam die dag in amber vuur – Lig gebore om ten hemele te straal. Alles wat nog donker was Nestel koud (dog in goud se glim) – Dis die winterson wat […]
ZELDA HFSTK 9
HOOFSTUK 8 Toe hulle by die huis kom en Zelda wil begin kos maak keer Paul haar: “Gaan stort en maak jou mooi, ek en jy gaan vanaand uit vir ete. Vanaand is n spesiale aand vir ons twee en ek het klaar vir ons n tafel bespreek by daardie restuarant by die rivier”. Zelda […]
Oseaan melodie
Stille neurie-lied van die see met heimwee gevulde stem wou haar saggies-sproeiwink nader steeds nader bly wink meganies en in tranewaas sonder ‘n huiwer of versuim het sy kruipend nader gehaas Aandagtig sit sy en luister na onheilspellende woord neurie sy oor die toekoms met hartseerwals-akkoord of sag in suiwer sopraan in afwagtend’ oor nou […]
Insomnia
Ek verdwaal in wakker en soek slaap te vergeefs. Uil se knip ontwyk my, ek hoor hoe-hoe hy luister na my kop wat raas en met dag breek net fluister
Kaalvoetkind in die suide van Afrika
Kaalvoet trap ek my spore in die stof van Suid-Afrika. Teen maanskyn en rose word daar soms hier blind gestaar. Ek ontdek die honger en siekte van ander in my dik sny brood, hoor die weerlose hulpkreet van ma en kind teen gruwelmoord. Kyk hoe lyk die helde en leierfigure waarna ons moet opsien; mense […]
Konkawe gedagtes
Grysgroen oë gluur terug uit ‘n stil-spieël-refleksie merk bekende goud-glinster hoor ‘n skaam, skugter lag Staar na sagte, skewe strate deur lewenspotlood geskets wasem en verberg- vinnig vodde- flentersiel- venster Gesamentlik deel hul mee in vreugde, vrede en smart as son skerp weerkaats word hul gevoel getart Sy eien jou elke gedagte deel jou grys-grou […]
Wiskundige gebed
Deernis minus gevoel is gelyk aan bedrog deernis plus gevoel is gelyk aan wat mog maar deernis gedeel deur die Golgota-kruis is die maalsom wat maak dat die Gees deur ons bruis Ag was ek ‘n hommel of dalk koninggin kwadraat ek t’rug waar soet heuning begin want Simson se wortel van krag glo vir […]
Waar is hulle… Kan jy die voëls hoor?
Die afgelope tyd het hierdie gedig en die pad soontoe weer woelig kom kuier… Kos vir ‘n Mossie vir ‘n aand Hennie Fritz [2014-02-19] Kom ons kyk vir die voëls, in die lang doringtakke, die digte plante, bosse, kossoekend op die grond. Dis vroegaandtyd en moeder aarde is koel, die lug is soos ‘n rivier […]
Kilogram konka
As kilogram teenstribbel teen tonne waarheid van Sy groot Woord bots in hiperhoë huil-oktaaf skril ten hemele skree word dit deur Sy fluister met stomheid weggevee As vol konka sonde druppelsgewys spat plotsend neerplons in Sy genade-see stil die ewig’ honger deur Brood ontvang uit Skepper hand gegee