Bottel die son 227 woorde Goud
Clara bol haar hare in ‘n ponie op haar kop. Dis naweek. Mamma en pappa help by die kerk uit en Clara moet die naweek by ouma spandeer. Haar hartjie klop sommer vinniger. Ouma is altyd vol verrassings. Clara gooi die motordeur oop. Sy spring-hop tot op die stoep en gooi ‘n handsoen in ma en pa […]
Die laaste boom
“Moenie hom afsaag nie!” styg Johan se stem uit bo die gebrul van die kettingsae. Sy pa kyk om. “Die fabriek kort hout, Seun. Ons moet geld maak.” Johan hardloop na die ou kameeldoring en druk sy rug teen die stam. “Hier het ek as kind onder hom gespeel,” sê Johan. “En nou wil Pa […]
Bella die reeks moordenaar
Sy rys op teen die reelings van die balkon. Die galgtou – slap in haar handpalms. Ek herken die tou… image.png Ek het dit eendag raakgesien toe ek by die nuwe skool die klasdeur agter my toemaak. ‘n Galgtou in die Wetenskap laboratorium? My keel krap. “Juffrou Vermootten?…” Ek skat haar diep in […]
Die laaste koevert
Die laaste koevert Die eerste ding wat Lien Meiring van Rooidam geleer het, was dat ’n mens in ’n klein dorp nie as nuut aankom nie. Jy word opgemerk. Die vrou agter die toonbank van die kafee het opgehou om ’n brood in ’n bruinpapiersak te druk toe Lien instap. “O, jy is seker die […]
Een dollar per jaar
1978 “Lee?” Mary trek die voorste pante van haar kamerjas oormekaar en knoop die materiaalbelt vas. “Hoekom sit jy hier in die donker?” vra sy verbaas en druk die skakelaar van die leeslamp aan. Lee bly stil; lyk gedaan. Dan antwoord hy met ‘n skor stem: “Ek moes vandag vir my beste vriend vertel dat […]
n Nuwe Dag
Odette skuif vir die soveelste keer reg op haar stoel. Hier, in die klein, intieme restaurantjie in ‘n cul de sac in een van Pretoria se boomrykste strate, draai sy haar koppie tee nog ‘n slag in haar piering rond. “As jy eers wil wag, kan ons altyd herskeduleer. Daar is nie haas nie […]
“Een se dood is die ander se brood…”
Die eksentrieke velhoed sit laag oor die kop met yl haartjies en hy skreef sy oë teen die skerpgeit van die ondergaande son. Sy blik vee oor die volle breedte van sy plaas. Die rye mielies skep goud uit die ondergaande son. Swerms rooivinke swiep laag oor die bultende mieliekoppe, swenk in wye boë […]
Net vier woorde
Ek parkeer in Elsa se oprit. Toe ek uitklim, val my oog op die tassie op die agterste sitplek van my Golf. Vrydae drink Elsa en ek koffie in haar kombuis. Vandag het ek egter nie net vir koffie gekom nie. ’n Paar minute later sit ons oorkant mekaar aan die tafel. […]
LAAT EK JOU VERTEL
Laat ek jou vertel… “Jy het presies tien minute.” Die vrou agter die dik glas skuif haar bril reg en kyk nie eens op nie. Sy stempel ‘n vorm, druk ‘n knoppie en die elektroniese slot klik oop. “Sel 14.” Ek het nog nooit verstaan hoekom gevangenisse so stil is nie. Jy verwag geskree, vloek, […]
Langstaankampers
Dis nog niks nie…laat ek vir jou vertel… Lankstaankampers kan gaan slaap! Ek sien op “Gesigboek” dat die mense nou nie meer so erg wil landuit nie, hulle wil nou glo “lankstaan”. Laat ek vir jou vertel, vandat ek skoothoogte was het ons familie elke Desember vir meer as ‘n maand langs die oewers van […]