[BRONS] – DIE STIL VLAM
DIE STIL VLAM Ek sou nie eers weet waar om te begin nie. Miskien begin liefde vir ’n land nie met groot gebare of harde woorde nie, maar met iets sagter, ’n soort deernis wat stil in jou groei, amper ongemerk. Dis nie altyd trots wat eerste kom nie, maar eerder ’n diep, menslike besef […]
Opgee? Nooit!
Johan sit op die stoep van sy opstal op sy plaas in die Kalahari. Sy plaas se naam is “Opgee? – Nooit!” Sy pa het die plaas vir hom nagelaat, maar dit is vir Johan meer as net ’n stuk grond wat aan hom oorgedra is. Dit is ’n roeping wat stil in sy bloed […]
Voor die Here
Elke jaar op die sesde April, dink Lien Meiring nie eerste aan geskiedenisboeke of openbare vakansiedae nie. Sy dink aan haar Oupa Koos se voorhuis. Sy dink aan die vuurherd waar die kole rooi gelê en smeul het agter in die swart raam. Sy dink aan die grootmense om die groot swarthout-tafel. Aan die matjie […]
“’n Mens erf die land by jou voorouers, maar jy deel hom met jou kinders.”
Die nag gooi sy fluweelkaros saggies oor die Kalahari soos ’n moeder wat haar slapende kind besorg toemaak. Die sand van die saggolwende duine klou vir oulaas nog vas aan die hitte van die dag en die sterre skitter soos blinkende oë aan die uitgestrekte hemelruim. Pieter sit langs sy Boesmanvriend, Buks Appelblaar, by sy […]
Waar stilte weergalm
(Woordtelling: 1 902) Sophia sug verlig terwyl die sagte kaftan oor haar kop glip. Dit is bedompig en tamheid kleef soos nat klere aan haar warm lyf. Sy hoor weer die dringende roepgeluid van ‘n selfoon. So absurd, want daar is niemand anders hier bo nie. Skielik onthou sy vanoggend se inkopies lê nog in die […]
Op die boonste rak
Lien Meiring het haar stoel effens nader aan die venster geskuif, soos iemand wat nie omgee om gesien te word waar sy sit en kyk nie. Voor haar het die ou eikeboom gestaan, uitgedos in koper, goud en roes. So buitensporig mooi dat dit byna aanstellerig gelyk het. In Huis Herfsblare was daar nie juis […]
Die net van ” maar net”
Die net van “maar net” Deur: Ryno du Plessis Ai, hoe lekker sag en knus val die leuens en verkeerd op die kussing van “maar net”. Ek gaan maar net sê… Die ek word ons, want “maar net” het ons altwee nou gevange. Nou sit ek en wonder, soos ek na jou verhaal sit en […]
Gee en neem ooreenkoms
Die eerste koel oggend van Maart ontvou stil oor die rooi sand van die Kalahariwoestyn. Die aanvangs van die herfs is binne die denke van die Boesmans in die Kalahari gekenmerk as die tyd wanneer die wind stadig begin draai, soos ’n ou storie wat weer onthou word. Die son hang soos ’n bloedrooi oog […]
Wanneer die kameeldoringboom sy blare laat val …
Pieter kuier by sy vriend, Johan, op sy plaas in die Kalahari. Johan se pa is ’n jaar gelede oorlede en Johan het die plaas geërf waarop hy deesdae voltyds boer. Dit is die begin van Maart en die tekens van herfs is reeds sigbaar in die natuur. Pieter is bekommerd oor sy vriend wat […]
Onthou
Die lewe is deurmekaar. My kop is deurmekaar. Eintlik dink ek alles is deurmekaar. Soos ‘n loskopdolla? Vandag is diè dag. My ou liggaam buk, nee wag! Kom ons gebruik daai lae stoel wat ek eintlik al moes weggooi. Met ‘n veegswaai van my hand sleep ek al die klere in die rak tot […]