Innoverende ekologiese oog [silwer]
Dit is die jaar 3001. Die aarde is oorbevolk en die tegnologie het feitlik alle beheer en organisasie van individue se daaglikse handel en wandel oorgeneem. Toegang tot alles op aarde werk net met die druk van ’n ‘icon’ op die skerm van ’n rekenaar of selfoon, die skandering van jou duim of jou gesig […]
Laaste ligstrale.
Laaste ligstrale. In die jaar 2147 het die aarde feitlik haar asem verloor. Die son was bleek, die oseane dor, en die bome het hul wortels gelig en geswig. Menslike oorlewing het gehang aan versplinterde ekostelsels en gebreekte satelliete. Die lug het soos as geword – liggies grys, smaakloos en sonder lewe. Wat eens geblom […]
Uitkoms – Silwer
Uitkoms – Silwer Droomverlore gly my skraal hand oor die sysagte trourok wat teen my hangkas hang. Mamma het geen detail en moeite ontsien om my droomrok te maak nie. Drie maande gelede het ek en Nikolai, my verloofde van amper twee jaar, op ons huweliksdatum besluit; 21 April 2022. Dis op my […]
Bosbokkie-oe
My bene skanier outomaties inmekaar en ek sak soos ‘n sak aartappels in die skadu van ‘n wilde proteabos neer. Hierdie gloeiende rooi gesig het ek te danke aan my vriend se avontuurlistigheid. “Plaas het jy nie nét gehardloop as iemand jou jaag nie,” lag Jonathan ten koste van my eie ou grappie, “dan was […]
Wraak wat vrymaak
Wraak wat vrymaak Die kragtige engin van die viersitplek vliegtuig kom met ‘n snik tot stilstand. Veronica sug. Buiten die ritmiese gedraai van die propeller is dit grafstil om haar. Sy rek haar nek om die landskap vanuit die vliegtuigvenster te aanskou. Die bosveld was nog altyd vir haar ‘n pleister vir ‘n gekneusde hart. […]
Op die plaas “Ope Hande”
Op die Plaas “Ope Hande” n’ Ewigheid ver maak ‘n plat stukkie grond ‘n eelt op die verweerde aarde. As die reën hiér val, dan reën dit, wragtig veertig dae en veertig nagte aanéén! Maar die dróógte is meer as die reën hier, vandaar die naam “Ope Hande”, wat Stefanus de Wet sy plasie, wat […]
Anke ons goudblonde haasbekkie
Anke ons goudblonde haasbekkie Anke is ma en pa se stukkie sonskyn. Sy is ‘n goudblonde haasbekkie met oë so blou soos die lug op ‘n wolklose dag. Sy hou net op praat wanneer klaas vakie sy werk saans gedoen het. Sy borrel oor van lewensblyheid, almal is ewe goed en die lewe is sommer […]
As die berge roep
Lente skrik wakker. ‘n Korset van onheil druk om haar bors, kompleet asof sy weer gedroom het. In die donker gloei 05:00 rooi op die bedkassie. Onverwags vul die Groot Mars uit Aida die slaapkamer. Dawie se slaperige stem beëindig die musiekuitvoering. “Waar? … Waar’s jy nou? … Ek kom dadelik!” Tussendeur hoor Lente […]
Oudword issie vir sissies nie
Oudword issie vir sissies nie Brons. 595 woorde Toe ek ‘n jongman was kon ek nooit verstaan hoekom die skoner geslag so lank neem om soggens klaar te maak in die badkamer nie. Dis roompies, poeiertjies, haartjies en wie weet watter “tjies” nog alles. Ek het wakkergeword, opgestaan, aangetrek, soms hare gekam en dan was […]
Ben en Generaal Brul.
Klein Ben was ses jaar oud en vol lewe. Hy was ’n baie brawe seuntjie – behalwe as dit by die plaasdam kom. Die dam was groot, omring deur hoë riete wat in die wind gesuis het. Vir meeste kinders was dit die ideale plek om in die somer se hitte af te koel, met […]