Liefplek (silwer)
Hoe lieflik is jy tog geknelde land met jou witwarm son wat ‘n barshou kan brand oor jou sandveld met ysterklip swart besproet waar dorperskaap geil op jou geelgras voed hoe beny ek jou wysheid, wil ek jou eer vir dit wat jy my oor die lewe kon leer as jy verskroeid en weerloos veerkragtig […]
Bloed is dikker as water
Waar gaan die tyd dan heen ons harte was saam gesmelt as een drie susters verskillend en tog so eenders lewe vandag soos ñ spul vreemdes Ja elkeen het sy eie gesin lankal terug hul eie lewe begin beteken dit ons moet vergeet hoeveel liefde tussen ons gemeet waar het dinge skeef geloop is daar […]
Die ontstaan van liriese poësie.
Die ontstaan van liriese poësie. As ek na mooi gedigte luister kry ek soms ʼn oorweldigende begeerte om te sing! Soveel is my waardering vir sonnette, elegieë en villanelle wat uitgeken kan word aan spel van klanke en sterk emosies. As jy na my aard, is jy sekerlik ook ʼn liefhebber van liriese poësie. Liriese […]
waar my hart blom
teen die berg op al in die klofie op oor groot ronde klippe sulke rooierige klippe vuil van die rooi grond tussen pionier plante wat soos reuse varings grond vashou as dit reën onder wit blomme wat stink lente geur van die berg tuur ek om my in mis van vroeg oggend se fris skrik […]
My tortelduiflief (Goud)
ek wou maar net ‘n rympie skryf oor die minnelied van ‘n tortelduif wat koer-koer in die wilgerboom liries van die liefde droom dis toe my oog haar fladders vang waar die bloubessieboom se takkies hang haar beeldskoon beeld was sonder blaam soos in ‘n windverwelkte fotoraam ek reik dromend uit na haar maar sy’s […]
Sononder by Trekoskraal (Goud)
die aand was nog aan’t afdraai in pag vir môre se gewoel dit was die mooiste skildery toe die son en see in swier ontmoet en die wynrooi in die wolke in skakerings van skarlaken vir my asemroof vergoed die son het uit sy amp getreë in pigmente van vergank en deur die wimpers van […]
Tuiskoms (silwer)
kaggelvuur knetter knussies ek nestel stywer teen jou vas knuffel-woel totdat ek in jou lyf se buiging pas dis gemaklik in die stilte wat loom oor ons kom lê want woorde is oorbodig wanneer harte alles sê my gedagtes neem ver paaie oor die weg wat ons moes loop oor die volheid van ons lewe […]