Die vreugde van samesyn.
Die vreugde van samesyn. Samesyn kan gesien word as die warm tevrede gevoel om saam met ander mense te wees wat gemeenskaplike belangstellings deel. Om bloot net saam te wees in ʼn groep, verseker egter nie samesyn nie. Wanneer ons gedagtes en belangstellings met mekaar ooreenstem ontstaan daar ʼn gees van eenheid wat ware samesyn […]
Spore van samesyn
Spore van samesyn Vasgekluister in ’n ouetehuis tru-spieël haar oë angstig traan-staar verlangend hoopvol na spore van samesyn om in haar raam te verskyn luister … hoor … sien … elke spoor van samesyn opgewonde in die raam verskyn máár haar raam bly leeg geen spoor of stem of glimlag vul haar raam van samesyn […]
Liefste moeder
Liefste moeder (Epistel) Blaai ek deur foto-album van ons samesyn sluiterspoed my emosies prentjies van onthou u deernis wat my voetjies was plaas op die voetpaadtjie na Jesus my oase deur die woestyne van my lewe van samesyn tot samesym brûe van versoening bou die skerwe van my lewe optel na elke teleursteling soos ’n […]
Doodmoeg!
Doodmoeg! Hierdie tyd van die jaar ervaar die meeste van ons dieselfde probleem: die doodse moegheid! Ongeag of jy student, werkende grootmens of bejaarde is, die moegheid bekruip jou ongemerk hierdie tyd van die jaar. Onder leerlinge en veral die matrieks wat gereedmaak vir die finales eksamens of universiteits studente hoor jy dieselfde klagte: “Tot […]
Die Kaapse Klopse.
Die Kaapse Klopse. Almal in Suid-Afrika en veral Kaapstad is vertroud met die jaarlikse skouspelagtige Kaapse Klopse. Klopse is ʼn woord wat afgelei is van die Nederlandse woord: klubs. Die onmenslike gebruik van slawerny was ʼn wrede werklikheid wat in die Kaap bestaan het van 1653 af, in die tyd van Jan van Riebeeck se […]
Wanneer hartseer ‘n gewoonte word.
(Woordtelling 1504) Ons koppel gewoontes gewoonlik aan iets soos om altyd in ʼn spesifieke stoel te sit, op dieselfde kant van die bed te slaap, jou koffie links om te roer, om jou tande voor of na ete te borsel. Selfs irriterende gewoontes soos die byt van naels, of om nie te kan praat sonder […]
Oorhandig
Oorhandig “Aanname,” val ek haar in die rede. Sy begin van voor af: “maar hulle dink …” “Aanname,” sny ek haar weer af. Ek sien hoe nog ‘n moontlike uitkoms in haar kop afspeel. Vinniger sê sy: “dalk is dit omdat …” “Aanname,” sê ek harder. Ek gee haar nie kans om verder te praat […]
Mabula (Goud)
Mabula Mabula plek van reën jy het die droog in my uit kliprantjie en bosvallei bejeën en uitgestort voor geelmaan die rus oor my gelê en toe met kampvuur en ‘n winterkus my slapend voor die sterre teen jou hartplek vasgeseën die kind was weer gebore al het die reën ontbreek voor olifant en buffelspoor […]
Woordkomplot (Engelse sonnet) (Goud)
dis in die boorde van jou woordkomplot waar vrug in wrok en wrang sy tak verlaat daar waar die skryfboom driemaal weierbot en elke sin sy snede troebelhaat dis teen die hange van jou skurweberg waar elke krans in kliprant kruheid staan daar waar jou woorde vlym en vinding verg en elke bastion nog sukkelstaan […]
wit vlag
wit vlag hou my vas hoor die oorgeelied my hart is die slagveld van ons oorlog waarin liefde ammunisie vir kanonne is wat met woorde kraters skiet my lief wees enkel stil hou jou oor lig donsveerlig teen die witvlagklop van my hart wees verseker weet hoe lief ek jou het ©VonVillon marlenab