In die trane van ‘n hartseer einde
Alleen in die “droӫ” woestyn van wegkruip’woorde raak dit al hoe leliker en kaler van eendag lank- lank gelede was daar… Verban die herinnering van jou agterkop en getye en trane vorm in die agtergrond ‘n patroon van lydenstyd Terwyl jy deur die skynbare van niks van die gipsvlakte in die “droogte’ reis rol die […]
Blyderverwacht, Geboorteplaas
Blyderverwacht my Geboorteplaas (Droogte en Depressie van 1933) Blyderverwacht my geboorteplaas het onder ‘n knellende droogte gebuk gegaan en ook die depressieswaard van 1933 vorige eeu – – – Mens en dier het versmag onder die bloedige son alles was reeds verdor en verskroei geen weiding meer diere het gevrek en geen staatshulp nog beskikbaar- […]
Sussies
Eens was daar drie sussies en onthou ek uit vergange se dae n kiekie iewers so soortgelyk aan hierdie foto erens in n album Spits ek my oe op die foto en word verlange so groot aan eens onder n moerbeiboom saam pop, pop gespeel Soggens vroeg het ons saam die ganse en hoenders gaan […]
Lentevreugde
Lentevreugde Ek ken die blomryke Bolandse Lente, ek ken Namakwaland se blommeprag, Gauteng se pragtige kosmosblomme wat die hoofpaaie weerskante opvrolik- – – Ek ken die droë Lente van my Heimat smagtend na ‘n vroeë Lentereën waar die fyn opslag en droë twagras hunkerend gereed is vir ‘n lentedos – – – Maar droogte of […]
Guillain-barré
As die groot boom van die Libanon ‘n klaaglied huil en oornag ‘n reus se krag ongevoelig kom steel is daar nêrens ‘n plek waar my warboel emosies kan skuil wrang kronkel my gedagtes deur ‘n verwronge druiweprieel. Deur die kosbare silwerkroon, fluister skeefgetrekte woorde op die lispelgange van kromgebuigde takke vorm letters; (dom) in […]
‘n Hofmaak Lied
O’ my geliefde, jou oë is duiwe en hulle lag! Jou lokke warm en sag soos mossies jou hare is donker golwe wat troos en bekoor, jou glimlag hemels vroom en heilig betower en verower, vertel van raaisels en van verborgenheid en diep geheimenisse. Jou rok is kosbaar sonder prys, valleie en elke skakering groen […]
‘n prinses se minnelied
dans jou hofmaak in koorsige sirkels sien dit oral warm liefde is altyd lewe is geskenk volmaak en heilig kom dans dans die dans met my! omhels die fees en viering van liefde! oë oop vir die pyn vir die vreugde jou lewe is die vrugte van jou hande elke geboorte skenk ‘n nuwe siel […]
Kyk, kyk net!
Kyk, kyk net! Ons sit buite en volg wolke en windrigting soos die windpomp se vlerk draai Mens en dier kyk biddend op want die wolkestapels lyk belowend en pragtig met sierlike boë en kartels maar die weer dreun egter so halfhartig in ‘n binnensmondse verweg gemompel maar dit lyk asof die wolke gaan saampak […]
My Lentehart
My Lentehart Fisies verouder ek wel maar ek het ‘n tydlose lentehart wat nooit verouder nie en steeds verlustig ek my in die skoonheid van die natuur, van woord en lied, en ek groet elke rosige sonopkoms met vreugde Elke kleurvolle sonsondergang hou vir my die belofte van ‘n nuutgebore dag in, en as die […]