Droombeelde van jou
Wanneer ek terugstap op die strand van herinnering in sproei wat opwaai oor klip en sand Breek ‘n brander oor skemer strand brand gister se onthou teer in my gemoed Jy staan in die seewater en ek voel soos die rotse langs jou drome ligvoet in vlug Sluipend geluidloos tot dit wegsmelt in die duister […]
Hy het sy maat gevind
Hy het sy maat gevind – – – Dis volmaan en kort kort vlieg die donker skaduwee van ‘n uil voor die helder maanskyn verby en skielik swiep ‘n vlermuis geluidloos neer op ‘n fladderende mot Jy gril, en trek die kombers instinktief onrustig stywer om die skouers en ril by die veraf huil van […]
Ek Soek Vreugde
Ek Soek Vreugde (Deut 12:18 en 16:11 en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die Here jou God, oor alles wat jy jou hand aan slaan) Ek is so moeg vir al die daaglikse ellende van dwelmverslaafdheid, huweliksontrouheid, en al die hartseer afskeid, siekte en dood dag, vir dag, vir dag, vir dag- […]
Veins
Veins Mens is dikwels sommer net hartseer sommer net baie bedroef en jy vra oor wie, oor wat, hoekom? Dis ‘n potpourri van al die hartseer en vreugdes saamgegooi in een mengelmoes brousel, sommige werklik, ander vaagweg in die verre verlede, en sagte stemme roep onthou jy my nog, onthou jy regtig? Soos die harlekyn […]
Voor die donker kom
Hellingstraat se mense kyk oor heinings en die duiwe op die skool se dak – (verby lamppale en telefoondrade) na waar die son in die verte sak. Skemeraand se tarentale is vir oulaas nog aan’t wei, alsó tripp’lend met die lou pad langs – nege voëls – in ‘n skuins, gebroke ry. Teen die bult, […]
Op Sy Kop Gekeer
Op Sy Kop Gekeer Ek verstaan nou gladnie ons huidige regstelsel nie want dit straf nou die onskuldiges en dis ver verwyder van die hoogstaande Romeins Hollandse reg want die klomp diewe en rowers het blykbaar meer menseregte en loop losrond buite en ons sit ironies agter agter tralies verskans en tree jy op in […]
DIE GEBOORTE
Geplant, ontkiem en gegroei tot wees, in die warm, stil, donker moederbuik kokon. Minute, ure, weke en maande het ‘n lyf gevorm. Hordes selle bondel saam, groei tot liggaam, siel en gees. Ontstaan organe, ledemate, sintuie; mond, oor, oog en neus. Salig oningelig oor ‘n bestaan buite die knus kokon, voltooi die metamorfose, bly die […]
Dis Dorpsaand
Dis Dorpsaand Vanaand wil ek dans as die sonnetjie sak ek het die week gans té hard gewerk en geswoeg Pak op dis dorpsaand en einde van die maand vir groceries koop onthou die inkopiesakke en moenie die naweek se papsak vergeet! Die pad is tweespoor en baie sinkplaat en die kar ‘n rammelkas dis […]
Ballerina in ‘n boks
Hoog op die rak blink ‘n soewernier in reënboog spikkels teen die muur. Die juweelkis met son versier. Jy herhinner jou aan onthou en rek op om die memorabelia vas te hou . Draai die slinger 16 keer monotoon, blaas die stof volbors skoon. Jy vou haar verhoog oop in allegro vivace. Juwele aan haar […]
Quo Vadis
Quo Vadis Die swerwers op ons strate en hoofpaaie laat jou wonder Quo Vadis? Waarheen is jy op pad ewig soekend van dorp tot dorp want die rus is altyd elders— Boemelaar, bondeldraer, eens het jy ook die sagte arms van die liefde geken, maar nou is jy van alles, ook menswaardigheid gestroop— Maar in […]