Vallende siekte
Help, met die duiwel besete is ‘n siel, strydend en verlate, wat reik na die verste sterre; aanvaar asseblief sy gebede. Hulle kom altyd soos diewe in die nag om lewe se wagte weg te drywe, en die nette te sprei, vir hel en sy pyne. Maar in die donker, en gebede vir redding bring […]
El Nino
El Nino El Nino, jou soetklinkede naam is boos en ‘n vloekwoord op swart verdorde graanland en tussen stomp afgevrete graspolle en kaal skelet bossieveld waar uitgemergelde honger diere tevergeefs na blaarties soek en die swerm aasvoëls versigtig dophou wat fees op ‘n dooie hongerdood karkas— Mens en dier hou die bloulug dop en bid […]
Verlange
VERLANGE In my verbeelding sien ek die lyne van jou figuur afgeëts in die hoek van ons kamer. Duidelik sien ek in my geestesoog jou ligbruin hare en jou ligbruin oë. Dat ons uurglas saam uitgeloop het is so jammer. Ons het saam gehuil, saam gelag en in God geglo. Ek weet jy is gelukkig […]
Alles Het Nie Verander
Alles Het Nie Verander Uitdrukkings raak verouderd want tye verander alles raak moderner maar nie alles verander nie— Die liefde het nie verander nie en die oë lonk en lag nog soos van ouds ook haat afguns en nyd is onveranderd want die oog se woede nyd en veragting skroei en blits oor geslagte heen […]
Ware Liefde
“n Versugting- ‘n droom:) Hoe onromanties is die werklikheid tog! In my verbeelding sal die man van my drome met sy diepblou poele oë My oë gevange hou En sy sterk, bruingebrande arms beskermend om my vou. Ek sal al sy aandag kry. My geluk maak hom baie bly. Ons sal mekaar se beste vriende […]
‘n Vinnige versie (1)
een oggend word jy wakker in die nag se donker uur daar waar duister jou kasty in die lang minute tussen drie en net voor vier jy weet die dagbreek kom al nader en teen 5-uur maak die son al elders lig jy skakel jou tablet aan . . . en waag jou hand aan […]
Winterse Verlange
Winterse Verlange Dis ‘n warm somersdag maar daar is ‘n winterse verlange in my hart, ‘n verlate uitgestrekte doodse yslandskap kaal gestroop, alles onder ys begrawe, en so lê almal en alles dierbaar al oor dekades heen— Nuuskierig gaan ek toe my verjaarsdaglys na vanaf Januarie tot Desember en vind by so baie name is […]
Gediggie vir kinders: Die Hoorlosie
‘n Gediggie wat ek oor ons almal se stryd met tyd in die oggend het, veral om die kinders uit die bed te kry! DIE HORLOSIE Ons hele lewe is ‘n gejaag na en draai om tyd. Kompleet soos ‘n klop rugbyspelers se stryd om ‘n bal in ‘n rugbywedsryd! Dit is asof die tyd […]
Gediggie vir kinders
DROOM VAN ‘N JAPSNOET My keel trek op ‘n knop. Dit is alweer Sondagmiddag! More-oggend moet ons weer dou voordag op, Want more is dit alweer Maandag Ek wonder vir wat hulle dit Maandag noem. Seker omdat die maan nog nie eers weg is voor ons op moet staan, en my selfoon se alarm op […]
Gediggie vir kinders “DETENSIEPUNT”
‘n Gediggie wat ek vir my dogtertjie geskryf het vir die Eistedford, na aanleiding van haar grootste vrees:) DAAR IS ‘N WOORD Daar is ‘n woord, ‘n nagmerrie woord, ‘n vloekwoord Net so erg soos moord. Moet asseblief nie daardie woord sê nie. Nie hard nie, nie eers sag nie, glad nie! Dit is ‘n […]