Rus Roes
Rus Roes As kind was die dae eindeloos lank en elke dag vir jou ‘n bybelse duisendjaar wat strek van sonopkoms tot sonsondergang, en weke het ongemerk gegroei tot ‘n maand, en maande tot ‘n begriplose tydlose lang jaar wat strek tot in ‘n verre vae toekoms in soos ‘n ewigheid, maar algaande het die […]
Nog lente in jou hart
Liewe Dame van Bordeaux… Met ons eerste groet was woorde min hier en daar ‘n enkele sin – laat jy my toe in jou heiligdom en nooi my huiwerig om binne te kom. Teen die gang muur hang daar vele kiekies van toeka se onthou, mense en hul liedjies wat kuier om jou klavier – […]
VREEMDELING IN ‘N BAR
Ek kyk hom skeef aan oor die skuimrand van my bierglas hy sit daar vertel my van sy kinderjare maar ek sien daar is nog baie meer wat pla. Hy glimlag met sy mond maar sy oë bly dood hy vertel my van die droogte maar sy oë ween vertel my van sy vrou en […]
WANNEER DIT REEN
Plons – plons val die druppels op my rooi geverfde vensterbank totdat dit klink soos donder eggo’s wat my voortja in die nag. Stap ek doelloos kamer in en kamer uit soek ek na die koppelpunte in die nag wat woordeloos vir my bly lag. My hele wese is in ballingskap en teen die kamermure […]
Vry Gevlerk
Vry Gevlerk.- My bedrukte gees was ingedam met ‘n goudvis mentaliteit van om en om begrensde denke se om en om futiele rondomtalie en die glaswand ‘n impasse, gedagtes bly gevange, maar ek breek los van die visbak se cul-de-sac gedagtegang en ek pak sorge, verlange en verdriet in ‘n oorvol koffer en stap die […]
Flenter kompas
Die son hang oranje-laag in my winter boom geraamte ‘n Irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte In myself gekeer Emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer Keer ek terug na die ou bouval Waar ek snags kan rus onder die knipoog heelal Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel Nou ‘n ou […]
Stof-spiëel
Kerswas traan druppels brand my wange Rooi en seer strepe van verlange Wasem teen my spieël word stof…die droogheid van my siel Oë vol sand en ‘n baard wat brand Staar ek deur my spieël, dolosse in die Namib sand Waarheen reis ek en wat hou dit in? Waar is my skaduwee met drome? My […]
Ink-lint
Jy stort water in en oor my stof-krip Jy red my uit ‘n diep woestyn-droë put Dik en bitter stilte, alleenwees, spelonk, yl woorde Metamorfose Sag, vrolik, stemme, gesange, lag en leef Dans, speel… ingevlegde siele wat sweef Jou liefdes-asem… Tikmasjien sleutels klik klak Slaan nuwe liefdes woorde diep in my hart My lippe dwaal […]
Skilfer klip
‘n Tarentaal se gekrys klink hol in die stilte se grys Dagbreek prikkel growwe sout tussen ysterklip en droӫ sand stil en vӗr duine eindelose eggo’s wat doofstom wonder … wag Anderkant die horison waar die see die strand ontmoet trek die gety nou terug en in rotspoele krioel die lewe waar die see die […]
GOIINGSAKKE IN DIE WIND
My lewe wees se goiingsak fladder vandag agter die ploegskare van die wind se vingers aan flarde terwyl ek hande viervoet rondkruip om die beloftes van my lewens groen saad korrels op te tel en te bêre in die hoekie van my verweerde lewens goiingsak Die wind se kinders ruk en pluk en spoeg maergat […]