Anderkant werklikheid
Dit draai en tol, al in die rondte, om en om, deur duister gange; donker is die gesig van die nag wat eenkant staan, wag, en lag. Met gedagtes, koud, ongebonde, wat draai en tol, al in die rondte, word werklikheid verkrag, vervorm; hulle kom in hordes aangestorm. Hulle stuur hom, gebind met bande aan […]
Soos papiervliegtuigies
Jy vou my Geduldig Hoek op hoek Versigtig Skeur jy stukkies weg Perfek Jy kyk na my Opgewonde Gooi jy my deur die lug Emosieloos Loop jy weg toe ek val Stukkend Los jy my daar Vergete
Skemer diamanté
Oor Durbanville se heuwels tapyt die rante groen met gras en iewers in die weste bloei die son. Die pers wolk bo-op Tafelberg kry ‘n rusplek vir die nag – dis die einde van nog ‘n Kaapse lentedag. ‘n Joggie gooi die petrol in, spreek God se seëning oor ons uit. Die water en die […]
DIE MIDDAG
‘n Duif kir uitspattig in die Februarie wind net soos ‘n kind wat huppel-huppel voor sy vader in die pad baljaar Die son kom sit warm op my skouers teen die middaguur terwyl die kinders moeg-moeg nader aan die oop kombuisdeur skuur Die honde speel ‘n maltrap rondomtalie in die vars geplante blommetuin en sprinkane […]
DIE JAAR SE DRUKGANG
Die jaar se drukgang het my vanoggend kom aanjaag tot by die lewens kraal waar ek saam met die 12 maand saamloop troppe wag by die yster spoorweg trokke wat my met gekletter-klap staal wiele tot by die slagpale van nog ‘n jaar gaan lei Ek stamp en stoei soek vir my ‘n voorste plekke […]
Fasette van die Liefde
Fasette van die Liefde. 2 Die liefde het so baie fasette want die mensdom lief so baie dinge wat strek so wyd as die Heer se genade— Jou beminde se oë, slanke lyf, hande, haar hele skone voorkoms word liries besing en die sterk manlike Adonisse se viriliteit en krag hemelhoog geprys! Liefde vir die […]
BY DIE DOOD
Ek sien Hom hang geboë hoof in doringtang uitgewerp en moeg Sy vlees en bloed vir elke sondaar stuk vir stuk verpand Die skare staan verslae verpletter verskeurde kleed vir ons verpand tog staan die Jode verhard en strak terwyl die voorhangsel in die tempel aan flarde spat Hoe sien ‘n Nasie oorwinning as hulle […]
Die gedig is vir ouma
Die gediggie is vir ouma ek het ‘n nuwe ouma gekry en ek moet sê – ek is vrek lief vir haar elke keer as ek haar sien ontmoet ons vir die eerste keer alweer Die gediggie is vir ouma Al is ouma nou anders Onthou ek wie ouma was En weet ek dat ouma […]
Dit reën in emmers ….
yskoue winterwoorde drup sneeuvlokkies op my hart dit reën in potblou emmers en waterstrome bring koelte vir my smart