Totsiens vir eers
Snuif-snuif spoeg hy ‘n sandjie, wyl wind die land stadig versand; goggas vlug na gate diep, donker, en dansende luggolwe speel oral. Als het vergaan behalwe ‘n maan, wat waghou oor vergete gedagtes van gister se toekoms vooruitsigte, hier agter gelaat vir die toekoms. * * * * Soos die rolbossie wat rondwaai, sonder enige […]
‘n Kamma-kamma rukkie ” Kammalandse tannie”
Sy vlieg op ‘n swaan se rug hoog bo in die lug… Wanneer mens deur kammaland loop gaan ‘n sprokiesland voor jou oop waar werklikheid en realiteit nie deel is van allerdaagse tyd Van melk en heuning is daar in elke geur en kleur koekies en lekkers om van te kies en keur Loop ‘n […]
bosveldhuisie
die koue sny deur been en steen flou sonnetjie bring ‘n nuwe dag ‘n wind wat troosteloos ween ‘n vrou wat wag waar is die tyd tog heen sy kan vergewe maar nie vergeet hoe die son warm geskyn het oor haar bosveldhuisie elke geleende somersdag so warm en knus in die winter haar kinders […]
Die Donskombers van die Lewe
Buite drup water troosteloos met eentonige reёlmaat Van die sinkdak …. dit is winter Mis dampkring om straatligte Maak my melancholies in lank vergete gedagtes Binne luister ek toegewikkel in die donskombers Dink …. wonder oor verlore tyd Verspeelde kanse en ander kosbare belaglikhede Niemand het my ooit vertel …. Donskomberse is bedoel Vir deel […]
Grootsheid
Sagte geel sonstrale Dartelend deur ‘n groen blaredak Onbloot spikkeltjies ligstof In strelende vingers tot op jou wang Uitbundig prentjies Op jou vredevolle gelaat Ek kan net sit en kyk Want dis die oomblik Wat die wonders van die skepping een raak Hier waar jy lê en slaap En ek besef Die betekenis van grootsheid […]
Die Reis Daarna
Iewers op die stofpad van verlang Het seer die mylpale laat kwyn Bestemmingd onbereikbaar Afstand slegs ‘n konsep Doelgerigtheid verdwyn met elke stap Die einddoel slegs ‘n vae visioen Die felle son wat neerbrand Net die rigtinglose aanslof Elke dag volg net die vorige Ongenadiglik ‘n pad wat eindloos blyk Steeds geen rigtingwysers ‘n Vae […]
DONDERDAG: Leuens
Toe die duitse Rykskanselier, Otto von Bismark sterf, druk die britse tydskrif, Punch, ‘n tekening van ‘n ouere marine-offisier wat die gangplank van ‘n skip afstap, waarby alle sigbare matrose stram salueer. Die onderskrif was: ,Die loods gaan van boord.’ Hy het oral in die wêreld hoog in eer gestaan en het altwee keisers Wilhelm […]
Die PANSERSLAG
Op die vlakte, etlike honderd vierkantkilometers groot, woel die yslike kettingvoertuie die aarde om, soos die kompanies probeer om in ‘n gunstige posisie te kom. Om aan te val, om te skiet. Om veilig in beweging te bly, om nie geskiet te word nie. Die vyandelike verbande voer ‘n kompliseerde dans uit, soos versigtige swaargewig-boksers […]