April 2017 projek – Ope projek
In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit […]
DIE BLOU DIEPTES
DIE BLOU DIEPTES Julle rol en rol het eeue gelede begin hoeveel eeue nog van rol en rol? Blou branders breek spoel oor rots en sand woel maal en trek terug om weer te begin Onheilspellend soms dan vriendelik verleidelik onder lê die dieptes wat wag eeue se krag reg om te ontwaak Julle rol […]
Oppergesag
‘Ek wil nie aanbid word nie…’ fluister die jong vrou aan die hoof van die tafel terwyl sy na haar weerkaatsing in die glimmende hout staar. ‘Ek wil verskrik!’ Wind ruis deur die vertrek en waai al die geskenke weg. Almal sit regop; niemand durf na haar kyk nie. Alhoewel hulle haar bemin omdat sy […]
Komediespel
jy vloei in my are gegraveer in my hart in my wese bly ek na jou verlang hou ek aan komedie speel hoor ek jou borrel-laggie jou opgewonde roep “Kyk mamma kyk” ek wil my indink en verbeel dag vir dag dat jy by die huis vir my wag aand vir aand sit ek in […]
Tabernakel
My Jabbok stryd Knieë deur-gebid hoeveel keer het ek nie gepleit selfs toe ander ophou vra het ek voortgegaan gesmeek Here God raak haar aan laat ‘n wonderwerk gebeur want ek glo U kan my smeekbede verstar versplinter in die lug my wonderwerk het ek nie gekry my klein tabernakel is afgetakel dit is verby
Karkas
voëls pikkende, skeurende aan weefsel en beendere brommer op uitgerygde binnegoed gal gemeng met bloed Mamma, wanneer sal die voëls weggaan die lastige brommers my laat staan eers as daar niks oor is om oor te twis kan ek dan in vrede rus
Gelouter
ere, gelouter deur hierdie helse vuur is ek goud of net papier wat soos gras vandag hier is more verbrand tot as vanaand voel ek hier langs die bed van my siek kind deur mens en God verwerp verstaan ek nie hoekom ek hierdie beker moet drink ek weet ek moet U nogtans bly loof […]
Feetjieland
ons praat met mekaar nog net deur stories van prinse en prinsesse en hul glories paleise as wonings koninginne en konings ‘n ridder wat veg teen ‘n draak is dit al wat nog saak maak? ons lag net saam oor legendes van dom rowerbendes dwerge en reuse worse aan neuse Uilspieël se streke verkeerd-om-weke maar […]
Voorreg van vryheid
Bloeiseltjie bekroon slapies sag leer glo en lag pasgebore vry
Tussen reënboë en doringdraad
ek weet die lewe loop maar só (en meestal vind ek my) tussen engel en kalant sagte soene ‘n oorveeg tussen Edenstuin en Godsverlaat tussen reënboë en ‘n doringdraad © Carma Shaw