Saphira en die Skikgodinne
Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop ongeduldig op en af in die gang voor die gekerfde dubbeldeure. Deure wat lei na ‘n biblioteek wat sy nie mag binnegaan nie. Vir die beste deel van twee dekades irriteer die feit dat net ‘n MacKeltar die biblioteek mag ingaan haar grensloos. Angus Campbell – Eolande MacKeltar se man […]
Hoop is ‘n lentevoël
As jy ooit drie-uur in die môre wakker lê (soos jou ma) onthou, my kind onthou dis net ‘n uur of twee voor die voëls weer sing net ‘n uur of drie voor die son haar eerste strale bring en jou nag in dag omtower. Ek hoop jy wéét . . . daar sal altyd […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 5
HOOFSTUK 5 Dit is n winderige drie dae later toe Jan Viviers, plaasboer, sy grensdrade te perd patrolleer. Fyn waarnemer wat hy is word sy nuuskierigheid geprikkel oor n klomp aasvoëls wat in die lug bokant die verlate mynskag ronddraai. Uit ondervinding weet hy waar die aasvoëls so draai moet daar iets dood wees. Sy […]
Erns Of Ontspanning
Erns Of Ontspanning Soveel lesers soveel generes en literatuursmake – – – Iemand lees en geniet jou geskrifte maar baie gaan dalk nie – – – Waarom stel ‘n mens dan jou diepste gedagtes bloot aan onsimpatieke lesers is dit erns of ontspanning, gevoelsontlading en goeie afleiding en terapie vir ‘n oorspanne gemoed of het […]
Luister na elke woord
Jy breek saam die branders jy groei saam met die gras se groen jy wys die blomme se kleur maar jy wag jou prooi in by die deur Ek is die woestyn se sand ek is die son se brand ek is die sterre se blink ek is die valk se vlerk vry en verlore […]
My pruttel woorde
Pruttel liefhê-letters dryfhout uit my hart nes ‘n hemelse lullaby; dit versamel nektar deur skrefiewimpers, want in jou beelt’nis het ek my vrede gevind. In die warm klanke van jou hartstaal gekaart soos druppende note uit ‘n basviool, wat die melkweg roekeloos nét vir my inkatrol. Ek verdwaal in die lagkreukels om jou oë, ek […]
Al wag nodig is …
party sê dis liefde wat gevoel versmoor en soms ook die lem wat harte vermoor maar vir ander is dit ‘n honger wat die wande binne verskeur en liefde is al wat nodig is om ‘n hart weer kos te gee ‘n saadjie word ‘n roosknop wat groei uit liefde bestee dis die hart wat […]
Die Wonder van Betlehem
‘n Wit duif sal rus op die Prins van Vrede Lelie van die velde en helder waterstrome Vlekkeloos onverganklik onverwelklik Deur die Gees self in ‘n maagd verwek Jong meisie, hóe in haar liefde verbly Haar skoonheid teerheid en onskuld! ~ Handjies gevou rustig tevrede Slaap saggies, slaap vreedsaam Jesus kindjie die Seun van God […]
Voetstappe
Voetstappe Die oujaar 2016 gaan binnekort sy exit-hek sluit en eenkeer buite, het jou voetstappe geen terugkeer – – – As die hek agter jou dig toeklap fluit die middernagsirene die afsnytyd en blokkeer, en jy moet gedwonge die nuwejaar instap sak en pak met jou styfgepakte leersak vol memoires deur die nuwejaar se entree-hek […]