Verby die berge blou (slegs vir kleine kinders)
Êrens op ‘n ander plek, verby die berge blou – daar waar dit maar selde reën, maar darem tóg so dan en nou – woon ‘n kleine, kleine meisiekind, (haar hele lyfie, koperbruin). En elke oggend, laterig – sodra die hete son verskyn – sit sy voor haar huisie in die skadu van ‘n klip […]
Droomvlug
Ek wandel deur tuine, my liefste – boorde waarin bloeisels gedy en loop deur die doodsnik van winter, Namakwa lê blombont om my. Soms verdwaal ek in dorre woestyne, waar skedels en skepe skelet langs ‘n kus met duisende duine – teen die wind en die weer in verset. Ek stap met ‘n stofpad, beminde […]
DIE ANDER VROU
Ek kyk na die gesig in die spieël. Blink oë en appelkoos wange. Nie omdat ek sopas uit ‘n lekker warm bad geklim het nie, maar oor die gebeure van die afgelope vier-en-twintig uur. Ek het vanoggend wakker geword as ‘n mevrou met haar eerste huweliksnag agter die blad. My maag kla my aan met […]
VAN VLOERLAP TOT WASLAP
Iemand vra my nou die dag wat dit is om ‘n Christen te wees. Ons is dit mos almal want Jesus het ons lief en dit maak alles mos OK, die liefde? My eerste reaksie was om die Bybel te gryp en hom te wys dat dit meer as net dit is – ‘n mens […]
Ag Net Vir Een Dag
Ag Net Vir Een Dag Ek wil net vir een dag kop leegmaak van alle geweld en wraak, huisbraak, skaak, verkragting met versagting en kom selfs weg met moord en so gaan dit voort – – – Net vir een dag vrede wêreldoor sonder trane en geween met geen aardbewings droogtes en oorstromings enige tekortkoming […]
Êrens is ‘n antwoord
Stilte – ‘n werklikheid nes die wind – kom van nêrens, dis onaantasbaar; daarmee saam kom onsekerheid. Dit vul lewe met vreemde emosie, vrae oor gister, vandag en môre; wat was, wat is en wat sal wees – Stilte se waarskuwings gedagtes, is net soos ‘n ou kombers vol gate; hartseer-koud en warm-plesierig, Vir die […]
Daar’s ‘n wind wat waai
In Tafelberg se mis teen die gure weer van die kus waai die wind deur my lyf ‘n Stukkie see vir ‘n vissersboot ken jy die see meneer, ken jy die see? en kalm soos min dinge hier beneӫ dan sӗ jy nog meneer die vis is duur Van storms wat nooit ophou raas hoor […]
Waar my spore lӗ
My hart trek vandag ‘n punt na die wye Bosveld die herinneringe neem my terug na die sonsondergang wat hang op ‘n berg se rug Na die skoonheid van die sterre en “Piet my vrou” se roep wat in my ore weerklink waar my siel vrede vind Kaalvoet loop ek in die pad ek wil […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 4
HOOFSTUK 4 Stephen Morrison se eerste waarskuwing dat daar fout is is toe selfoon vier uur die middag lui. Toe hy antwoord sien hy dat dit die hekwag is wat hom skakel en antwoord hy: “James is daar n probleem”. “Meneer, ek weet nie of ek nou verkeerd is nie maar mevrou Morrison het nog […]
Lorelei-Skyn
Lorelei-skyn Ek het kom troos soek hier op die ou strandbankie en getuur oor jou weidse deinende blou einders maar jou aanrollende branders bring vir my geen troosboodskap en ek besef jou aanlokkende eb en vloed wink en trek jou die strominge in om te verdrink jy is ‘n alien op sy strand en die […]