Kaalvoetjies tot oorlogstewels
My kindervoetjies het die paadjies op oupa se plaas deurgetrap oor watervore deur vlaktes vleilande en oor die brug by die rivier oral was my kinderspore verewig in die sand van sorgvryheid nooit het ek kon dink die beitel van die lewe ongenaakbaar my sorgvrye voetpaadtjies van kindwees pynlik uit sou kerf hier sit ek […]
Die doring in my vlees
ek staan op die drumpel van my gewete en voel hoe my jare na introspeksie roep wyl stemme eggo uit die kraters van my brein hoor ek hoe die strykstok van my skuldlas die note van verantwoording aflees binne die balk van rekenskap ruik ek murg en been en bloed as die doring in my […]
Dit is volbring
Wanneer ons die woord ‘skuldlas’, wat ’n selfstandige naamwoord is ontleed, vind ons dat dit op sy beurt weer saamgestel is uit twee selfstandige naamwoorde naamlik ‘skuld’ en ‘las’. Die woord ‘skuld’ kan ’n tweeledige betekenis hê naamlik: ’n Materiële betekenis, soos om byvoorbeeld ’n geldelike verpligting teenoor iemand of instansie te hê, waar die […]
DANKIE jY
DANKIE JY….. Net nou die dag nog het jy deur my hartvenster kom loer stadig daardeur gekruip. en op ’n sagte wand geland. Snoesig jouself daar tuisgemaak. aan my wonde net saggies geraak so herstel jy elke seer, elke roof, elke kraak. Dit is wat jou so uniek maak! Marthie Joubert
versugting
uit die perikoop van ondermaanse bestaan vloei daar soveel bloeiers dat dit druk en verloop bo-oor enige hoop selfs die oggendson se strale skyn nie deur die mis van nagmerries se boos laat jou troosteloos en weerloos weergalose mooi van die skepping seë verlig aanhoudende druk van ondermaanse donker danse blink […]
Augustus 2024 – SKULDLAS projek
Beste INKers Die “verfrissende” winter steek steeds sy tentakels uit, maar ek vertrou dat die deelname aan die projekte ‘n warmte bring in ons Afrikaanse siele. Hierdie maand ondersoek ons die onderwerp: “Skuldlas”. Dit is nie noodwendig finansieel nie, maar kan enige vorm van skuld aanneem. Soms voel ons skuldig oor kanse wat verbeur is, […]
In die Dwelmdraak se kake (Goud)
Hoe lank kan jy dit nog verduur voor jy die stryd verloor en oor die afgrond stuur? Met die Dwelmdraak wat jou siel ontsier wyl waanbeelde jou bekoor. Hoe lank kan jy dit nog verduur? Ons krete eggo teen ‘n newelmuur waaragter sý jou verstand versmoor en oor die afgrond stuur ons harte brand, jy […]
Om tyd vas te maak (Silwer)
kon ek tog net tyd vasmaak sonder om te sien hoe ons lewens vergaan in ons koerslose bestaan hoe ons generasie verouder en die ken van nou vervreem – blind soek, foto vergeel ons jeug deur tyd gesteel kon ek tog net tyd vasmaak sodat ons vir altyd kon lag en dans sonder […]
rou (Goud)
soms nestel rousmart só diep dat dit selfs met oogtoemaaktyd nie gaan rus in wondersoete slaap nie maar sluim’rend agter toe ooglede gaan lê teen opstaan lê die vensters na die siel wawyd oop en onbewaak dán nestel rousmart weer gelate want heelword is nie nóú ‘n opsie nie © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024