Dagmerrie (silwer)
Oor jare het ek dit ongeduldig begeer die landelike eenvoud, verbind aan die grond geen offer te groot, heilig die verbond van die droom se diepkant sou ek anderdag leer Elke dag word ‘n reis, saaityd, lamtyd en skeer die helder sternagte, ons leef aan die front die voorreg van boerwees bring lof na my […]
denkende digter
alle navorsing is denke maar alle denke is nie navorsing nie . denkende digters is op soek na formele, sistematiese, intensiewe metodiese, gekontroleerde, geverifieërde en algemeengeldige uitsprake wat probleemoplossing het die digter dink altyd aan iets, iemand of iets wat gebeur of gebeur het vir die “navorser-digter”is denke in isolasie, leeg, betekenisloos, ‘n […]
Jou lig | ©Ricco |
Soms breek die reënboog aan die rant van storms deur die grys prisma en spat `n tooisel kleur waar die horison in draakvorm vir my loer: op hierdie Maandagmôre wat self sy blou verloor het is jý vir mý ook so `n belofte dat die ongenooides nié sal hinder waar jy vir my jou lig […]
DEPRESSIE [woordtelling: 5565]
Wanneer depressie omsit in hoogmoed, sit jy met ’n gevaarlike kombinasie. Hoe lui die spreekwoord nou weer? ‘Hoogmoed kom tot ’n val.’ Veral as depressie die dryfveer agter hoogmoed is. Dít het ek op agtienjarige ouderdom eerstehands ervaar. En wat ’n val was dit nie! Hier volg my storie. Pa het besluit dat ons ’n […]
Verootmoediging: Italiaanse sonnet: Oktober maandtema
Verootmoediging die jaar se geleefdheid sterf by my verby in paaiemente wat dwarsdeur die pekel van pyn beur verweerd deur seisoene se sny en skel en skeur en my vol kwota tongstorms onbely wat die volwolksnag se umbra laat gedy en gedoende dade wat grense kartets in galgeur persona non grata! staan jy voor ‘n […]
reg
in-mens of uit-mens die reg op bestaan is verskans in ons land, onder ‘n Handves Van Regte die reg op ‘n omgewing wat nie skadelik vir jou gesondheid of welsyn is nie wat is die elixer daarvan het ons as volk nog éen dryfveer bestaan daar nog vrye-wil, -spraak, -keuse, assosiasie, -godsdiens […]
stoere boer
stoer is nie stug boerdery nie ‘n klug onvoorspelbare groep lewensbedreigende beroep stewig, ferm en sterk staan hul man, vrou en kind ; fors en spesiaal al woon jy in die stede vandag lê jou hart nog in die grond duur gekoopte plaasgrond met bloed en sweet stoere ontwikkeling van agterlike bestaan tot […]
Oorlog
In die skadu van die oorlog se vlam, waar drome breek, en hoop in rook verdwyn, is liefde gebroke, maar steeds, ‘n soet jam, wat hartseer dra, soos ‘n siel se wyn. Die kreet van mans, van vrouens se gebed, te midde van die gewere se gedruis, word passie wat die geluk van vrede […]
gemoed van ‘n digter
hoeveel sin jy maak van jou eie aardse bestaan gekleur deur jou geestelike stemming plaas jou binne bestek van gemoedsgesteldheid of jy ateis, ekstensialis of christen-teoloog is jou eie ervaring van angs, vrees en chaos kan steeds lei na ‘n gemoedsontlading ontlaai jy uitbundig wanneer jy sportgebeure bywoon tydens emosionele teologiese byeenkomste […]
Red oupa se plaas
jare van geloof en hoop het verloop van haar bekoring is sy gestroop haar rivier bruis nie meer vrolik oor die spoelklippe eertyds onstuitlik ek voel nie meer haar hartklop passievol met elke perd se galop ek ruik die hartseer in haar winde nêrens is troos vir haar kroos te vinde ek proe nie meer […]