As ek jou gedagtes kon kruis
as ek vir ʼn oomblik jou gedagtes kon kruis was my lewe die moeite werd as ek vir ʼn oomblik jou voetspore kon vul was genade my gegun as ek jou hart kon voel en son kon laat blom en ons asems gee vir die mooi ja, as ek ons flenters kon […]
Middelpuntvliedend (Goud)
die rooiwyn vloei in weerwil tot al dieper in die glas die kohesie aan die bottelwand teen die helling van die skinkerhand stuur af op ‘n verduur van ‘n veg-tot-vrede uur die wenner is die somtotaal van middelpunt se vlied plus die drinker en sy vriende se neiging tot banaal oor ‘n leë ontpropte offer […]
stillewe (Goud)
die dam lê soos ‘n reusespieël ingenestel tussen riet en grondwal ‘n stillewende weerkaatsing van lug, wolke en ‘n terloopse verbyvlug dan kom die wildeganse in beweging vanaf die eilandjie met die kwastige treurwilg beweeg snaterend trip-trap oor die gladde oppervlak begin asof veerlig skei van hul eie weerkaatsings terwyl hul langnek en […]
Vriend of vyand van vryheid?
Vriend of vyand van vryheid? In die tye waarin ons nou leef, het die term “woke” ’n bekende woord geword. ’n Term wat oor die laaste dekade heen momentum gewen het. “Woke” verwys na ’n toestand van bewus wees van sosiale ongeregtighede en diskriminasie. Hierdie bewustheid het gelei tot die ontstaan van wat sommige die […]
Die teddiebeer in my bed
(Woordtelling : 611) Dit mag dalk nuttelose inligting wees, maar wie weet almal dat Nasionale Teddiebeer-dag elke jaar op die 9e September gevier word? En waarom is ʼn ou teddiebeertjie dan so belangrik dat dit sy eie dag moet kry? Navorsing deur ʼn Amerikaanse maatskappy, Build-A-Bear Workshop, het in 2017 bevind dat meer as […]
era(ta)
wat jy gister gesê het is duidelik gladnie wat jy vandag sê wanneer jy so terug loop op jou standpunte dit laat onuitveebare twyfel oor jou integriteit en dit brand soos vuur in ‘n bloekombos van my realistiese lewensbeskouing poli-tiek van vandag is ‘n duister nag poli-tici was nog altyd daar net vir […]
Swart swerkater en die Teddiebeer (kort kort verhaal) Goud 298 woorde
Die wind huil om die hoeke van die huis. In die voorhuis kletter en klap die vuur gesellig. Ek is net besig om my lang wolsokkies oor my koue voete te trek toe my groot ou teddiebeer man skielik op die punte van sy tone, nog ‘n aks langer word. “Gee my jou slipper!” “Hoekom?” […]
Somer in jou winter – Brons
somer in jou winter ek wil die eerste sonstrale wees in die klowe van jou seer siel my teen jou winter aanvly tot my hitte versprei diep in jou oë en vertroue koesterend lêplek vind weg dwarrel rolbosse van haat en nyd wat teen die hange van ’n hart kaalvoet dans kastyding heftig haper in […]
Pikkewyn en die horrelpootkalkoenmannetjie – (Brons)
Pikkewyn en die horrelpootkalkoenmannetjie – (Brons) “Verstaan u die implikasie van hierdie laatste wil en testament van u grootvader, juffrou Griessel?” vra die prokureur. Met ‘n kopknik bevestig ek dat ek begryp. Soetwater, my oupa se plaas is nou my eiendom, met dien verstande dat ek binne ‘n maand my intrek daar moet neem. ‘n […]
Fynste en Voete
Fynste en gedrog – (Brons) Die sagte, deurdringende reën kom in vlae oor die Kalahari-duine en swiep strale water teen die rondawel se vensters vas. Hierdie wegbreek is broodnodig. Hier in die stilte sal ek die uitgewers se smoele stil skryf. Hier sal Kesia haar missie voltooi tussen die sleutels van my skootrekenaar en die […]