En toe moes ek weer skryf (Goud)
Jou woorde het my betower en my winterhart kom warm vryf ek wou lag en sing en dans en meteens moes ek weer skryf oor sonskyn en koperduine en geheime van die see oor hoe die herfswind se asem lewe aan die hawerlande gee oor Namakwaland se blomtapyt wat ek wil uitrol voor jou deur […]
Frustrasie (Goud)
Vanuit my innerwese bars frustrasie ombeheersd soos vuurysters deur gletserys strykdeur my diepste denke (uit na buite) deur die krake van die fisiese – die leë dop wat rasend aankap en kappend skop teen bottoe deure waar my psige hygend roep op soek na durf ‘n doel ‘n dop; in opstand met my eie kop […]
My soektog
In geurige blom gesiggies het ek na jou gesoek agter bome gekoekeloer saam met die son opgestaan geroep hoor jy my seer? hoopvol het ek na die maan gestaar hy het net die geheim bewaar wie soek sal vind toe gaan krap ek in my hart rond daar het ek jou stralend gekry met ’n […]
Lien Meiring se Swart Vrydag.
Lien Meiring se Swart Vrydag. Ek vlieg uit die bed toe my alarm my wakker skree. In my kop merk al die merkies op my lysie af; opstaan, tande-borsel, aantrek, inkopielys, motorsleutels … So gryp ek na die gemaklikste klere en stapskoene vir die groot dag. My hare maak ek hoog op my kop vas […]
Desember 2023 – Veldslag projek
Beste INKers Die vakansie seisoen het nou aangebreek, en ek verstout myself deur sommer te aanvaar dat ieder en elk ruim tyd gaan rantsoeneer vir ‘n opwindende en sikkepit komplekse uitdaging. Die tema vir Desember is: “Aan die vooraand van ‘n groot veldslag” Die veldslag hoef onder geen omstandighede fisiese oorlog te wees nie. Die […]
kaplyn (Silwer)
anderkant die kaplyn van twis en venyn blom die reënboog hemelhoog tasbaar dog onverstaanbaar bewe brawe dade gelewe met moed kan jy vrede groet; ywerig die twisdissel wissel duskant die kaplyn van vreugde en vree blom die reënboog hemelhoog saad van gehoorsame daad groei selfs as storms loei met jou sekel moet jy oeslappies hekel […]
stikkende roep (Silwer)
uit die slikdam van rou emosie stu springgety van trane teen onrealistiese hoop bind tog my hoop in seeskuim dalk gebreekte skulpe dooie jellievisse of knypers van krappe tasbare bewyse dat selfs hierdie oneindige storm stil sal word voor die Stem van die Meester vrae soutkook in my gemoed of enige mede pelgrim sal waag […]
MY ROOI KAREE BOOM
MY ROOI KAREE BOOM Hy sit onder die rooikaree boom en bewonder daai mooi boom nietenmin dis sy uitlaatklep dis nou behoorlik vet pret As jy vir George roep weet jy waar om te soek hy is alweer onder die boom George soek na vrede by ‘n boom Hy leun so teen die ou […]
Net een Antjie Krog.
Net een Antjie Krog. Vroeë lewe en herkoms Op 23 Oktober 1952 word Anna Elizabeth Krog gebore op Middenspruit, ‘n plaas naby Kroonstad. Sy was die oudste van die gesin se vyf kinders. Daar is drie seuns en twee dogters vir die egpaar gebore. Haar ouers was Willem Krog, ‘n boer van beroep, en Susanna […]