Die skadukant van donker.
Die skadukant van donker. Lien Meiring, die suksesvolle prokureur se naam was op baie mense se lippe. Sy was die toonbeeld van ‘n suksesvolle vrou. Wat almal nie geweet het nie, sy het ‘n groot struikelblok in haar lewe gehad. ‘n Verskriklike vrees vir die donker. Lien het van kleintyd af ‘n erg ongemaklike verhouding […]
‘n limeriek oor vrese (SILWER)
‘n sekere Piet van der Kaai was bang vir die koms van ‘n haai hy swem dat dit klap dat water so spat en skree toe glo kliphard koeBAAI! ©MarleneErasmus 29/02/2024
Die mens en sy struikelblokke.
Die mens en sy struikelblokke. Ons as mens se lewe loop ‘n spesifieke pad. Op hierdie aardse reis van ons bestaan is daar dikwels dinge wat met ons gebeur waarvoor ons dikwels glad nie gereed is nie. Ons kan die hindernisse, net soos die dolosse wat ruwe branders in toom moet hou, nie voorsien nie. […]
Retoriek (silwer)
as ek blinkoog waag waar ander faal en dit word helaas ook my verhaal as my dapper drome my beskaam en ek druipstert terugkruip in my raam as ek sukkel om die blaam te vind in grootmenswaan dog ewig kind as ek die tuimeltrein leer ken wat net soveel verloor as wen is dit bloot […]
Sy hande is altyd daar (Silwer)
wanneer alles dan so vir die dolosse gegooi is en die leeg leër as leeg is wie houvas dan jou hart wat in pyn is wie droog die souttrane oor jou wang wie houvas wanneer die lewe jou selfverseker bang…? wie keerwal jou emosies wat tsunami oor jou uithou emosies wat lewens steel tussen […]
Betonduwweltjies (Silwer)
Dit was ‘n mooi sonskyndag. Die hemelruim se blou geskilder met ‘n nuwe potlood uit die hand van die Skepper. Geluide van die veervolkies getuig van harmonie in ‘n andersins deurmekaar wêreld. Ek stap energiek en vol lewe, gereed om die bul by die horings te pak, met ‘n lied wat borrel in my hart. […]
As die laaste dolos draai (Goud)
vanuit rimpelhande tuimel versteende bene oor ’n bokvelmatjie neer wyl die Inyanga se goëlgesange teen die hange van Mapochsberg uitbeur daar, waar ‘n vroeggebore baba tussen dood en lewe draai sal haar voorsate se geeste die septer nogeens in sý guns ook moet swaai onder die awendster se wakenede oog hou sy die klein lyfie […]
Aankondiging
rondom ń leer ingevulde raadstafel waar goud die rooi omlyn staan baie chrome stoele ondersteun deur Sjina wieletjies rond en bont ń hoëtroustel verseker suiwer klank almal kan duidelik hoor maar frons in onverstaan klap dan hande vir die baas die baasboodskappe weerkaats in grynslagte die onverstane is nou uniform ingeënt in ons sisteme
Haweloos
kinders speel pop droog maak saam boomklim, paaie bou dan stadig raak plesier leë kompetisiewerk klein klein is almal maters hoe ouer hoe meer kompleks deur dit alles stamp ons winkeltrollies half vol na dié betaalpunt later as jammergatte in vlenter mode klere klop ons van deur na deur waar die eienaars lag en deure […]
tussen vrede en onmin (SILWER)
tussen vrede en onmin die hand het die dolosse geskommel hul vinnig uit sy hand geskiet om te val tussen die boom en die bas een-vir-een het die bene stil gelê die stof het nog in die lug bly hang daar waar daar eens vrede was het ‘n bloedstollende stilte weergalm daar waar […]