Uitgepars (silwer)
die môrester begroet hul daar die kort nag lank vergete mens en masjien werk onverpoosd deur skroeiwarm dae, verbete die kulminasie tot die vrug op die roep van die natuur na die lang verwagte oestyd in die songedrenkte uur tot die swanger vragte eindelik taan en die son skuif uit sy somerbaan en die wynstok […]
IKARUS
IKARUS Ek en die sterre van Orion hou ‘n nagwaak vir jou Sodat jy jou pad sal vind deur Nastergal valleie Sodat die mis voor die Noordster kan verdwyn En jy jou voetpad naby aan die son sal vind Ek en die heelal huil oor jou Oor jou vlerke wat sleep in die onvrugbare grond […]
Nagwete
maanskyn val oor eiland rots en see beddegoed alles is gryslig bedek as droomstories ontpop in skadulig kap gir klap… bars geluide in die nag wat die maanlig stories afsluit in ń moet weet dringendheid en die soektog volg flitslig kol helder deurdie maanligdonker ontbloot kaal rots en warboel beddegoed die naak werklikheid my drome […]
GEBOUE VAN VLEIS
Brons Kategorie 948 woorde GEBOUE VAN VLEIS Ken ons mekaar ooit? Het ek al jou gesig gesien? Ek glo nie. Jou mensgesig is perfek aanmekaar geweef sodat jy, eintlik gees, ‘n prentjie kan wees. ‘n Lyf om jou op aarde te dra, te verteenwoordig en waarin jy kan “woon”. ‘n Lyf wat jou tydslyn kan […]
Fop Boere
“ ‘n Griekwastad kind sê jy. Dink jy in hierdie tye gaan jy ‘n verskil kom maak hier-hier in ons geweste?” Frederick krap soos ‘n besentene tussen sy nota’s deur. “Julle sien nie wat ek sien, julle kyk almal in julle neuse vas!” Hy was nog altyd selfverseker nooit ‘n pessimis. “ Stadskinders wat hul […]
Dag drome in absurde (goud)
ek het jou uit ‘n rissie gekrap was dit ‘n liefste verspotte grap ‘n lankmaerman stap oor die pad met ‘n kat in sy ou verslete goiingsak dis duifies want bont so koe en koeie wat kom loe in monumente van ons taal soms loop ons, ag tog so kaal ©Morné du Preez
DAAR IS SEKERE INSIDENTE IN DIE LEWE WAT MY ALTYD SAL BYBLY. Hierdie is een van hulle. Daardie nag … (silwer)
daardie nag het ons hoopvol gewag dat die helikopter ons oppik … iemand het ons ligging verklik op die buitewyke van die nag se glimlag felblink ge-speldekussing die nag se prag grootoog gewink die maan se blink daardie nag het ons hoopvol gewag dat die helikopter ons oppik aswit drag die melkweg se sterrevrag toe […]
Verlangevlug
my gees sweef op die blou-blou strome van haar lug in my verlangevlug rooibruin duine kontoer haar some uitgestrekte Kgalagadi-drome kruin terug duinebesies sing hul Kgalagadi stem wyl geitjies blaf-blaf draf oor haar duine waaisand Jakkals-tjank die wind se stem hiëna koggel-lag maanhaar se brul-seine wolkies stof plof dof onder gemsbokpote Kgalagadi-kudde drink waar watergate […]
kus van ‘n kis
ons harte lê naak in vreemde lande se braak ons kinders dra kultuur na wye klowe wat gluur nuut in die land ver suid werk hul vrolik in die onkruid waar vlaktes vol barre ongeloof dreig om hul boodskap te verdoof ver van hul land van oorsprong met afwagting en soms bewing ploeg en plant […]
Maart 2024 – OOP projek
Beste INKers Ons betree Maart en is in die laaste strek van die eerste kwartaal van 2024. Hierdie maand is ‘n vrye en oop projek sonder voorskrifte en reëls. Daar is totale vryheid om deel te neem in al die afdelings sonder enige regulasies. Innoverende mense skryf in Afrikaans. Skryf groete Projekbestuurder. *ONTHOU SLEGS 2 […]