die ding van droogte (silwer)
die ding van droogte toe ons buite op die stoep gaan sit het die strepiemaan sy weg gebaan bo-oor die prosopisboom wat neffens die kombuisdeur staan ons het sommer gesels oor dit en dat en in die donker kon ek sien hoe hy sy hemp by sy hart frommelvat (omdat die seer daar lê) en […]
Vredesoase
wanneer die vrae bar oor my siel kom waai en die hoekoms ‘n woeste warrelwind kom saai hoor ek Sy stem in die stofwolk “rus in My vrede” terwyl die storm om en om kolk met die toekoms se onsekerheidswolke wat my wêreld op sy kop kom draai is die dorre woestynpad met ‘n […]
‘n limeriek (SILWER)
Die stuitige Bettie Viljoen Wil gou-gou inkopies gaan doen Dit is swart Vrydag Almal slaan ʼn slag Sy wil elke liewe man SOEN! ©MarleneErasmus 24/11/2023
‘n limeriek (SILWER)
ʼn Vrou van die dorpie Rietkuil wil weet waar die winskopies skuil Swart Vrydag is mal Sy koop dat dit knal En val kerplaks sodat sy huil ©MarleneErasmus 24/11/2023
Tyd is kosbaar (Brons)
(vir die Steyns) Hoe verganklik is die jare, Dolla so broos en so mooi geskep op maat van die dag-en-nag-eweninge het ons sag deur soveel somers gewals my aardse wandeling is nou tot ‘n end die pad het onverwags opgehou maar onthou … my liefde bly leef voort sag in die onthou van […]
My somervrugte (BRONS)
my mandjie bars bont met somervrugte sappige soetsels gebore uit lentebloeisels se pastel nóú kleurwiel baldadige bolwange in natuurspens se palet luukse pluksels wat my sintuie van sonseën en reën vertel: onder poeierwange van pruime lê blinkpoets se purper songoud nektarienvliesies spog bespat met vermiljoenblos die handvol aromaryp piesangs lê lepel in gesproete geel een […]
Swart Vrydag: ‘n Persoonlike Perspektief
Swart Vrydag: ‘n Persoonlike Perspektief Dit is daardie tyd van die jaar weer! Die dag wat menigte mense behoorlik op hol het. Swart Vrydag, soos ons dit vir almal bekendstaan. Vir baie is dit ‘n geleentheid om na harte-lus te koop, maar vir ander is daar baie meer as net afslagpryse op die spel. Soos […]
Die vrug van nederigheid en selfbeheersing
Die vrug van nederigheid ek sal in nederigheid na God se roepstem luister myself diensbaar maak aan my naaste vrugte dra wat soet en sappig are sal voed gebaar uit die aarde waar fonteine ontspring koring wuifend arms swaai, granate bloedrooi bloei. heuning sal heilsaam voed en genees en die aarde se ingewande […]
Die vrug van vriendelikheid en getrouheid
Die vrug van vriendelikheid o Heer, vriendelikheid beteken nie net ‘n glimlag ‘n sagte woord, goedheid, dienende hande nie maar dat ek die vrug van verdraagsaamheid moet baar ander te vergewe soos U my vergewe hulle ‘n kans te gee en nie te veroordeel nie om hulle te help, te red en te lei […]
Die vrug van geduld en goedhartigheid
Die vrug van geduld o Heer, soveel keer word my lankmoedigheid beproef soos in soveel ander lande het ons emosies in Suid-Afrika tydens grendeltyd wipplank gery met die bekommernis oor ons toekoms oor ons lewensonderhoud en toekoms wat wag Heer, leer ons van lankmoedigheid om moed te hou in tye van teenslae geduldig […]