Die see se liefdessimfonie
Die see se liefdessimfonie Vers 1 die see sing sy mooi liefdessimfonie klanke van instrumente een twee drie mengsel van skoonheid en smaak wat sout op die tong maak branders teen rotse sag op die strand vee asem van die mengelmoes reuke uit die see flymskerp swart rotse rond omsoom waarteen branders sag klots […]
Afrikaans is ons DNA
Afrikaans is ons DNA geskiedenis van ons land, taal en kultuur kombers ons toe met soveel herinneringe maar vir die voortbestaan hiervan moet ons Afrikanerkinders daarvan leer weet hul nie waar hulle vandaan kom wie, waar en hoe die voetspore van gister getrap is, waardeur voorgeslagte is kan hulle nie weet waarheen hulle op pad […]
VERDWAAL (Brons)
Gedagtes vol van woorde, amper sy eie taal… Strate benaam; elkeen met sy eie verhaal. Die moontlikhede oneindig, vir elkeen moet jy betaal. Ontbloot en skaam, dra ek oor wat in my binneste maal. Gedagtes vol van woorde, waarin ek vroeg en vinnig verdwaal… Dit warboel en flapper, hoe maak ek stil die storm wat […]
DIE LAASTE WALS
DIE LAASTE WALS Geskryf deur Fanus Strydom 1236 woorde Anna Conradie sit vasgepen in ʼn hoërugstoel iewers langs ʼn tafel in ʼn groot vertrek. Sy is vaagweg bewus van sagte musiek iewers in die agtergrond en die dowwe flikkering van kerse hier en daar. Sy hoor mense om haar, maar meeste bly dofweg […]
SKIETSTILSTAND
SKIETSTILSTAND Geskryf deur Fanus Strydom 873 woorde “Mamma, wat raas so daarbuite?” Jasmina kyk met swaar oë na die versplinterde vensterraam bo haar kop. Sy is te moeg om op te staan. Te bang om na buite te kyk. “Dit is vuurwerke, Yussuf,” antwoord sy en streel oor haar seuntjie se swartgekoekte koppie. […]
O, vet! Eva aan die woord. (Brons)
Woordtelling: 348 “Mapstieks, Maans! Skuif, ek kan nie deur jou skaduwee sien nie, netnou knip ek verkeerd!” Jan-Louis klik met sy tong en staan van die vloer af op. By die klein tafeltjie tel hy die kersblaker op en gaan sit dit neer by die laken. “Ma gaan ons velle vuurwarm klop omdat jy […]
Net genade (Brons)
(vir my man, Corné) Selfs in my laaste gedagtes sal ek jou beleef selfs in my laaste skemeruur van my oë tot in my laaste asem sal ek elke uur proe van liefde sagkens gekoester tussen ons want ek weet die alleendae sal kom die stilword van jou stem (of … sal dit andersom […]
Selfgesprek van ʼn oordinker
ʼn verkeersknoop van ambivalente gedagtes frekwent my neuronpaaie ʼn cornucopia eutopia of utopia? my visage portretpraat in geoefende neutraliteit en versteek die chaos van my werklikheid ʼn poespas van breinaktiwiteit antwoorde sonder vrae slim woorde op die perron agtergelaat in geslote tas die trein van my ideale oratoriese redenasies […]
Droë Wes Transvaal
ń droë stofwind snel onverpoosd in gras en bossie glowe in dié stormgras lê ń plat rug, grys ń alleen veldwalvis in die hitte golf brand die droë wind en niemand spat ons nat
Liefde Besigheid
in die gejaag deur besigedrukgange lê liefde ongebore stil binne ons vasgevang ek wil die besigheid van kort kykies sluit totdat ek en jy konsolideer in een