Jý in die spieël
waar warm walms van waansin wasem en ʼn spieëlbeeld speels-spokerig smoor gluur jý, Delila, agter gekatarakte kondensasie ʼn verdoeselde vreemdeling se weerkaatsing wat ʼn wroegende monoloog oor maatstawwe voer wie’s die ware wese agter die kaal figuur wat tuur deur die trane van kil kaatsglas? sonder kunsmatige aanpaksels en aanplaksels sonder ydele glimpen van grimering […]
kruks een
geloof sonder oortuiging slaag nie lewe se toetse ©Teárlach.
Spoeg
alternatiewe kosse word opgesoek in beste laboratoria herkou kulinêr* saamgesmelt vir ń hongermark hoër kommersiële gesag plaas produkte op die mark beveel met hande vryf tap die sakke leeg breë heupe bou as ware ubuntu honger monde spoeg is dit demokrasie ! * ku·li·nêr b.nw. [kulinêre] wat die kookkuns betref: al die kulinêre kunsies ken. [Latyn culina […]
Vlietende jeug
vrypostig breek die lente uit met ongetemperde ywer wat koue winterperke minag op die teken van die son aggressief maar tog natuurlik progressief maar sonder dwang tenger lote oortref hulself deur elke langer dag van hul broosheid onbewus in jeugland se sagte groen -cs-nov-23-
November 2023 – OOP projek
Beste INKers Sir Walter Scott het gesê : “Novemberlug is koud en somber, Novemberblaar is rooi en droog.” As ek dit lees is ek intens dankbaar dat dit in die Suidelike-halfrond geheel die teenoorgestelde is. Die lug vir ons is vars en warm en die blare is groen en welig. Dit, vir een, behoort ons […]
DANS (goud)
‘n gedig bestaan nie net tussen my en jou nie dis ‘n dans tussen gode en demone © 10/2023 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde