My Hart ñ Spookhuis
My hart, ’n spookhuis Voor die deur van vrede staan ek, bang vir dit wat onbekend is. Stemme van gister roep my, maar hierdie keer sag. Die deur gaan oop, dit was van staal. Geen lig wys iewers ’n straal. ’n Donker gang, vlermuise soos die bose van gister hang teen die mure. Spinnerakke vou […]
Ek het vandag my naam verloor
Ek het vandag my naam verloor Tyd belê aan môre se droom en sukses. Dit alles wat die hart wou hê. Vergeet van wat ek wil hê, fokus eerder op wat gaan die mense sê. Alles verniet… my hart wou eintlik net vrede hê. Tyd het my ingesluk, wat het van […]
o(e)ral innie kaap
van Hardekraaltjie in Belville tot op die Урал in die Oeralgebergte strek die geografie van berge soos die Drakensbergreeks van Suid na Noord reghoekig tot teen die Soutpansbergreeks lê so kruis-krap die Kaapse berge in blou glinsterende sneeu in die winter en die Drakensberge in groen skynsel van drake tot waar die diep […]
Dit is die hande wat praat
Dit is die hande wat praat Woorde kan lof besing of skel. Woorde kan mooi broodjies bak: van buite mooi, maar binne nog rou. Hande wat werk en seën. Hande wat dra en hulp verleen. Dit is die hande wat die ware waarheid vertel. 1© Ryno du Plessis 2026
Doen is beter as droom
Doen is beter as droom Ek sit met my eie gedagtes en droom. Ek voel al die roem, die room van gedagtes, maar dade bly tans onvoltooi. Drome neem my ver, ver van die voël se veer. Die mens sukkel nog om dit te leer: Doen is beter as ‘n leë droom. Elke taak klink […]
Ketel van geluk
Ketel van geluk My hart is vol, soggens nog koud. Iewers hier binne soek ek na my eie behoud. Iets laat iets my bloed nou kook. Is dit gister se kwaad, of vandag se nuwe son? Elke ketel wat kook, beloof ‘n koppie koffie of ‘n koppie tee. Sou my keteltjie soms oor moes kook, […]
Penveer van ñ skrywer
Penveer van ‘n skrywer Ink vloei deur sy pen. Woorde maal in sy kop. ‘n Storie wil hy vertel, maar ai tog, soms wil die regte woorde die skrywer net nie vergesel. Berge word geklim. ‘n Lewe word geleef hier in sy wêreld waar ink speel. ‘n Veer is hul almal se droom, die begin […]
Laaste Julie koue maan
Laaste Julie koue maan Donker, koue nag. Julie hou die winter nog met yskoue krag. Die natuur wys sy eie winterprag. Bloeisels moet eers wag vir lentedag. Die natuur rus en bewaar elke bloeisel en blom teen die winter met al sy krag. ‘n Nuwe lewe is om die draai, wanneer die laaste koue volmaan […]
Japsnoet
Japsnoet Ai, was jy maar nog eers ‘n bietjie klein. Met ‘n sagte lyfie, soms teen die slaap baklei. Op jou toontjies waggel jy oral heen, vingertjies probeer aan alles vat, met ‘n gewankel en gespartel. Tandjies sny, doekies bly nou vuil. Kon ek tog maar net jou seer vir ‘n tydjie verruil vir iets […]
lelie
uit jou bol kom die Madonna-lelie toonbeeld van reinheid en maagdelikheid ook Die Fleur-de-lis, simbool van mag, soewereiniteit en goddelike regering gedrapeer op wapenskilde, vlae en klere van Franse konings jou suiwer wit skoonheid simboliseer ook soms lewe, dood en opstanding in Griekse mitologie: moederskap, vrugbaarheid en goddelike oorsprong kunstenaars gebruik jou kortstondigheid […]