Jongste aktiwiteit:

ProjekteJulie 2020 – Klanknabootsings projek(Bladsy 2)

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons onomatopee (klanknabootsing) in die projek ondersoek en gebruik.

Gedigte:
Skryf ‘n gedig, in nie meer as 12 reëls nie.
Maak gebruik van onomatopee daarin. Die hoeveelheid moet funksioneel wees en daarom is minder beter as meer, maar dit moet ingesluit word.
Ek gee ‘n voorbeeld uit Jan FE Cilliers se vers “Die vlakte”
“Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof,
kom die eerste druppels neer”

Gorrels:
Gorrel bietjie oor die irritasie van snaakse geluidgewoontes wat jy by mense opmerk. Is daar iemand wat oopmond kou of altyd vals fluit terwyl hulle take verrig?
Skryf daaroor in minder as 400 woorde.
Dui jou woordtelling aan.

Rubrieke:
Skryf ‘n rubriek (minder as 800 woorde) oor die klanke en geluide wat jou rustig stem. Maak die duif se koer jou vroeg wakker? Watse lewensles put jy uit die vreugde daarvan?
Dui jou woordtelling aan.

Artikels:
Skryf ‘n behoorlik nagevorsde artikel oor die invloed van geraasbesoedeling op ‘n omgewing. Nie meer as 1200 woorde nie.
Dui jou woordtelling aan.

Verhale:
Skryf ‘n komedie oor die dag toe die motorenjin snaakse geluide gemaak het.
Geen woordtelling beperking nie.

Dui die volgende aan:
Titel (woordtelling) [vlak van deelname nl. Brons/Silwer/Goud/Meester]

“Afrikaans is ‘n tuiste, nie nét ‘n taal nie.”©

Lekker skryf – vry en Afrikaans
Skrywersgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE

rooi stewels donker donderwolke dreun dansend terwyl die bliksemstrale boosaardig blits klap-klap kletter haelkorrels op die sinkdak en die aarde staan stil stom verdwaas vasteland lê uitgestrek in dor droë vlaktes as die hemele oopskeur in vlae verligting reën sak sissend neer uit wandelende wolke die uitkoms van reën is die aarde se balsem met […]

Woordtelling 1017 Stergradering Silwer Van die kleinste insek tot die grootste land- en seedier sowel as elke mens, word beïnvloed deur die klanke van ons omgewing. Maar te veel of te harde geraas is nadelig vir elkeen wat onwillekeurig daarna moet luister. Dit beïnvloed alledaagse aktiwiteite soos slaap, kommunikasie, stresvlakke en selfs voortplanting. Almal reageer […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed