LOOP DIE PAADJIE IN JOU LABIRINT TOT BY SY MIDDELPUNT
Pieter kuier op ’n vriend se plaas in die Kalahari. Hy is ’n emosionele wrak nadat hy hierdie einste vriend van hom traumaties aan die dood moes afstaan. Hy is nie lus vir mense om hom wat gedurig lastige vrae vra nie. Hy wil net alleen gelaat word. Pieter stap buitentoe en gaan sit op […]
Februarie 2025 – WATER projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 12 lede! Wenners: GEDIGTE: BRONS: (11) Christa Diederiks met Akwakooi (12) Aniki Joseph met Moedertaal Geen SILWER: (29) Marlene Erasmus met Druppeldans (26) Colin Steyn met Waterskeiding (27) Retha van Deventer met Oranje Poseidon-soene GOUD: (24) Elize Kruger met Elikser (18) Loretta Szikra met Spoelsand (8) Anzé Bezuidenhout met Bottelbrief […]
Die Suiderkruis
Dit is ’n rustige aand in Nossopkamp in die Kgalagadi. Johan, ’n gerespekteerde digter in skrywerskringe, lê op die naat van sy rug op sy slaapsak. Hy staar met bewondering na die juwelekis van die naghemel wat besig is om bokant hom uit te strek tot in oneindigheid. Johan dink aan die Psalmdigter se woorde: […]
Wie is ek?
Tema: Wie is ek ? Riempies het hulle my by die skool genoem….ek was seker dat dit was oor ek so lank en skraal was. Toe was dit altyd oor ek so seningrig soos ‘n riem was. Hoe”rskool Elsburg sit nie in enige langafstand atleet se skoene nie. Ek moes my man staan en moes […]
Maart 2025 – OOP projek
Beste INKers Streng gesproke is die 1ste Maart die begin van herfs vir ons hier aan die Suide. Die temperature reflekteer dit vir seker nie. Gelukkig (of ongelukkig vir sommige) is Maart `n projeksiklus sonder voorskrif. Nou is die tyd om die laaie oop te trek en die rekenaarlêers te ontsluit waarin dáárdie […]
Januarie 2025 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan die 12 lede! Wenners GEDIGTE Brons (1) No 21 Rosalee Meyer met Uurglas (2) No 11 Johan Jansen van Rensburg met’n Ou se U-draai (3) No 20 Elize Awona Pucillo met Rebelse held Silwer (1) No 2 Coenie Horak met Tjailatyd […]
’n Onverwagse oplossing vir pyn.
Ek moes lag toe ek onlangs op ’n artikel afkom wat beweer dat water amper alles kan regdokter, van rumatoïede artritis tot ’n knaende migraine. En tog, hoe meer ek daaroor dink, hoe meer sin maak dit. Water is immers oral: in jou koppie tee, jou warm bad na ’n lang dag en selfs in […]
Wanneer die aarde sug.
Namibië is ’n land waar die aarde dor en hard kan wees, waar die son genadeloos bak en die wind stof in jou oë waai. In hierdie land is water nie net ’n gerief nie; dit is ’n kosbare skat, ’n lewenslyn. In die droogteseisoene, wanneer die grond kraak en die lug swaar hang van […]
Die naaldekoker in my (Silwer)
Die naaldekoker in my (Silwer) Die naaldekoker hang stil oor die visdammetjie voor my, waar ek vir ’n wyle verpoos, voordat ek aanstaltes moet maak om aandete voor te berei. Ek gun myself min hierdie luuksheid om die dag se kop-liassering te doen. Vir ’n oomblik voel dit vir my of […]
Daar’s iets in jou kraan
(Woordtelling : 711) Venterstad, ʼn rustige plattelandse dorpie in die Karoo waar die beeste in die strate stap en die hoenders vir kos op die sypaadjies skrop. Boerbokke help hulself sommer aan die plantjies uit die tuine. Ten spyte van die somerhitte, is die inwoners vriendelik en hulpvaardig. Dit is nou nie juis die […]