Die nederige `n | Moderator
In die ryk tapisserie van die Afrikaanse taal staan die woordjie “`n” as ’n beskeie maar onmisbare held. Hierdie klein lidwoord, wat in Engels as “a” of “an” vertaal word, dra `n subtiele krag wat sinne vorm en betekenis daaraan verleen. Sy teenwoordigheid is so alledaags dat dit maklik oor die hoof gesien word, maar […]
Lees vs. Babbel
In die dans van woorde, waar die pen swaai en die skerm flikker, vergeet die moderne siel soms die stil krag van lees. Die oog, bedoel om te peil en te peins, word verruil vir die vinnige tik van vingers en die skribbel van gedagtes wat uitstort sonder om eers die grond te toets. Ons […]
APRIL 2025 – AARDE projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk an hierdie 11 lede! WENNERS BRONS: (1) No 8 Christa Diederiks met Ons asem, ons Paradys (2) No 15 Christa Diederiks met Waterlyn (3) No 9 Leonie Jansen van Rensburg met Gradeboog van genot SILWER: (1) No 2 Pieter Mostert met Sy is al wat ons het (2) No 23 Cobus Kruger […]
Mei 2025 – OOP projek
Beste INKers In die laaste maand van herfs, terwyl die verganklike lower geel, bruin en goud verkleur, gaan hierdie projeksiklus sonder voorskrif en reëls wees. Gebruik hierdie vryheid om jou pen leeg te bloei sonder die karwats van voorskriftelikheid. Innoverende mense navigeer die toekoms in `n Afrikaanse milieu. Lekker skryf Projekbestuurder. *ONTHOU SLEGS 2 DIG […]
Die aarde se oproep tot aksie. 636 woorde
Die aarde se oproep tot aksie. Die aarde. Nie net ’n klomp grond en klippe onder ons voete nie – dit is ons tuiste. Ons enigste een. Sy gee vir ons asem, skoonheid, water en lewe. En wat doen ons in ruil? Gebruik haar asof sy ons skuld. Asof sy onuitputlik is. Die waarheid is: […]
Skoonlief en die Ondier
(Woordtelling : 569) Dit is nie seker of daar ook ander mense is wat die inperking tydens Covid as ʼn seën, eerder as ʼn straf, ervaar het nie. Wat vir die mensdom ʼn groot tragedie was en groot vrees ingeboesem het, was in daardie selfde oomblik vryheid vir Moeder aarde. Dit het gevoel asof […]
Moeder Aarde, Gaia, ons enigste Blou Planeet
(Woordtelling : 636) Die aarde is ʼn komplekse entiteit en nie sommer net ʼn blou bal wat doelloos in die heelal ronddryf nie. Sy lewe en haal asem. Sy beweeg ook baie meer as wat ons in die aardrykskunde klas geleer word. Dit is nie net die draaibeweging wat ons voortdurend tussen dag en […]
Ek Is Rentmeester.
Rentmeesters. (*BRONS) Indien ons self sou kon skep soos God sou ons onbekende mense met ons skeppings werke vertrou het? Sou ons die mensdom so vertrou dat ons sou weggaan en alles wat ons besit, aan hulle oorgee totdat ons terugkeer? Lastige vraag. Wie sal dit nou doen, vra jy? God het dit gedoen. Daarom […]
Mens… die Moordenaar Goud 235 woorde
Ek snoer die alarm se gekerm met ‘n klap van die hand. Klein geel tabletjies spat oor die vloer. Ek is moeg. Moeg vir hierdie alewige vuil vrot asem wat op die wind aangedra word. Ek krap die allergie pilletjies bymekaar en druk byvoorbaat een onder my tong in. Hier sal ek nog versmoor. […]
Terug na die begin
Terug na die begin Die beste ding van ouer word is dat jou storie ’n begin, ’n middel en ’n einde kan hê. Ons het mos op skool geleer dat dit die bouvorm van ’n goeie storie is. En nog ’n lekker ding is dat jy kan terugkyk en sien dat alles wat die slimmes […]