Jongste aktiwiteit:

MOABIT, Berlyn

MOABIT, Berlyn

Meneer M, ons wiskunde-onderwyser, het volgende staaltjie oor meneer L, ons langjarige chemie- en bio-onderwyser, vertel.

Eers moet ek bietjie agtergrond gee. Dit gaan ook om meneer W, eerste voorsitter van ons Verband na die oorlog. Hy was daarvoor bekend dat hy, toe hy in die klas gebrul het, sy mond op ’n perfekte reghoekige vierhoek kon trek. Toe die kinders van die twaalf B hoor dat hy alte geluidsterk word, het hulle by die venster uitgeklim om hom in die twaalf A te gaan kyk. ’n Geëerde kollega, geliefde onnie en iemand vir wie die ouers respek gehad het.

Kollega L het by hom Duits en geskiedenis gehad, waarskynlik in die twaalf A. Dekades daarna, lankal is die paaie uitmekaar, stap W een aand in ’n ander ver afgelêe stad deur die herfsnewel van een gryserige straatlamp se ligkegel na die volgende. By ’n kruisstraat sien hy vérlinks ’n gestalt wat swart deur ’n byna onsigbare ligkegel stap en hy roep, „Olaf, is dit jy?” L antwoord, „Nee, dis ek, Christoph, meneer.” L se tweeling se naam is Olaf. Toe begin W ‘n gesprek asof hulle gister saam in die klas was.

Gedurende die tweede wêreldoorlog het die owerhede W verbied om te onderrig; hy was bekend as regime-teenstander. Toe gaan hy in die ondergrond en maak, sonder kennis of toelating van die owerhede, ’n privaatskool in sy woonkamer. Hoe lank weet ek nie, dit kan ’n jaar en meer gewees het, of miskien net ‘n paar weke. Vroeër of later het die bure gemerk dat so-en-soveel kinders met skoolrugsak gereeld aan sy deur klop, dat kinders daar uitkom, op die straat of in die parkie tien minute speel en dan teruggaan. Tot die Gestapo (GEheime STAatsPOlizei) toeslaan. Nou sit hy in die ondersoekingssel, waarskynlik in Moabit, waar ‘n Gestapo hoofkwartier was.

’n Adrette, kranige jong kapteintjie met kierie onder die linkerarm en met blink medaljes tree met vietse saluut voor die groot lessenaar in die ingangssaal aan.

— Sieg heil! Ek het hier ’n dringende beveel om die gevangene W te kom haal en dadelik na die kantoor in die XYZ-straat vir verhoor te bring. Ek betoon die saak is ylig.

— Hmm, briefkop is eg, teks is eenduidig, stempel ken ek . . . Hier onderteken. Deur die ysterdeur daar regs.

— Sieg heil! Klong! gaan die groot ysterdeur met vibrato agter hom toe. Die trap af.

— Sieg heil! Ek het hier ‘n dringende beveel . . .

— Hmm, briefkop, teks, stempel. Hier onderteken Deur die ysterdeur en dan die trap af.

— Sieg heil! Klong! gaan die groot ysterhek met vibrato agter hom toe. Trap af.

— Sieg heil! Ek het hier ‘n dringende beveel . . .

Deur vier ysterdeure, Klong! met vibrato Dieper en dieper in die kelder onder die gebou in. By elke ysterdeur staan bewapende wagposte. Dis koud hier, die lug is nie vars nie en die lig skaars sterk genoeg om die dokument te lees.

— Oorname van gevangene, hier onderteken. Saamkom. Sel sewe-en-twintig oopsluit! Gevangene W! Opstaan! Aantree! Oorgawe van gevangene hiermee afgehandel.

— Sieg heil! Gevangene W, voorwaarts mars, links, regs, links, regs, links, regs! Klong! Die eerste ysterdeur.

— Sieg heil! Hier onderteken. Klong! Die tweede ysterdeur.

— Sieg heil! Hier onderteken. Klong! Die derde ysterdeur.

— Sieg heil! Hier onderteken. Klong! Die vierde ysterdeur.

— Ontvang van gevangene se lêer, hier onderteken. En gebeurtenisboek, hier onderteken. Vietse saluut.

— Sieg heil! Voorwaarts mars! Drafstap mars! Linksregslinksregslinksregs!

Tot die hoek dan regs afdraai, dan weer regs, by die tweede links. Dis al skemerig. En op ’n donker hoek:

— Hierso, meneer. Neem jou lêer en verdwyn. Vernietig die lêer; ek draai hier links af. Totsiens meneer.

— Dankie Christoph, hoor.

— Plesier, meneer.

(Vir hulle wat nie weet nie: Om met so ‘n belangrike deel van die masionaal-sosialistiese opset te lol kon die onmiddellike dood beteken – vir beide mense. Kollega L het waarlik sy lewe in sy hand geneem om so diep in die geheime afdeling in te dring . . .)

©1e.Februarie2017____…ooÔoo…____________(2013)tje

[Hierdie verhaal behoort onder die opskrif „Europa en die Wêreld.”]




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed