Jongste aktiwiteit:

Sperstrepe (Italiaanse sonnet)

Sperstrepe (Italiaanse sonnet)

Die wildewragtig woerts verby my
ongesteurd oor die soliede sperstreep
voor hy haastig verder voortsleep
selfs die padpredikant preke word vermy

Ongehinderd ongeskik jaag hy voort
reëls en regulasies beteken niks vir hom
adrenalien afhanklikheid maak hom dom
hy mis die draai en sien die dood se poort

Maar menige mens maak moeilikheid
vir hulself en ander op die lewenspad
as hul Gods sperstrepe ignoreer
in najaging van genot en vrolikheid
min wetend hul is op die pad
waar pyn en smart floreer.

deur Stephan Uys




Lewer Kommentaar

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rikus het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak