Versamelde gedagtes
Só sonder om een maal om te kyk of tale te gebruik om tekens rondom ons weg te wys skryf ek jou af vir een laaste maal herskryf ek summier jou skrif teen die muur (wat jy om ons gebou het) en skend ek die stiltes wat altyd om ons sal swyg soos ‘n oop […]
“Nondoppie”
“Nondoppie” hande om die bekertjie gevou wa ek die hitte van die vuurtjie xarare maar is dié beeskop ooit soet genoeg om die lewe se bittergeit te blus ek wil mos lag en lewe soos ‘n koning al is dit dan ook net vir een aand as die uhmzwe ‘n lied in my lyf gooi […]
Tussen my en jou
Daar het ‘n straal gekraak toe die son opkom en ek hom deur die glinster van jou oog wou vang hy lê nou op die grond besig om donker te word sy splinters skyn soos glas deur die gleufies van wat ons eenmaal was toe ek my hand uitsteek en saggies aan hom raak, het […]
Die lewe is niks minder
Die son sak – die lewe gaan voort êrens blaf ‘n hond en bo my blink ‘n ster; hoe wreed is dit nie dat donkertes ons bedompel in ‘n skepping wat nie sonder lig kan bestaan. Duskant myself sit ek stom en staar – woordvrugtend met ryp gedagtes wat kelk oor ‘n sterwende lewe; terwyl […]
Die lewe is niks minder
Die son sak – die lewe gaan voort êrens blaf ‘n hond en bo my blink ‘n ster; hoe wreed is dit nie dat donkertes ons bedompel in ‘n skepping wat nie sonder lig kan bestaan. Duskant myself sit ek stom en staar – woordvrugtend met ryp gedagtes wat kelk oor ‘n sterwende lewe; terwyl […]
Vreemdeling vir ‘n enkeling
Oor die bleek verlate strand skryf ek jou naam met ‘n wit skulp in die soutsand, want my spore soek na ‘n tyd en plek dalk nie eers vir ons bedoel. Híér oor brekende branders bring ek vir jou – saam met die ewige gang van die lewe; verversde gedagtes op die skuim van elke […]
Strandgedagtes
Soms sit jý lank op die strand met jou tone diep in die seesand waar heel branders breek – tussen wolke, die son en ‘n perfekte horison. Jy haatlief ‘n wêreld wat mensvolmaak aan niemandslippe hang, en vra jouself af: “Wat het van jóú geword?” Jy sien hoe die vrees van leegwees skuimend oor ‘n […]
Vroegoggend
Die strate baljaar in afwagting veraf huil ‘n honger hond vanoggend se koerant met gister se nuus val sag op die vars gras saam met dertig nuwe lyke in Syria; want hier word alles mos verewig in woorde wat wakend om ons hang soos die werke van Shakespeare en David omdat almal alewig na die […]