Liefdesvloed
trek oop die sluise van jare se retensie sodat bruisend kan tier ‘n liefdesvloed meesleurend in ekstase na onbekende loop om jare se hegtenis sielvol te ontsluit sodat droë beddings versadig kan word met ongekende behae my verhef tot najade en ek stil, tevrede meandries weg kan vind na gedeë spoeling vir vredevolle sielsrus ©Driekie […]
IS LIEFDE REGTIG BLIND? (SILVER)
Die geykte gesegde ‘die liefde is blind’ het verskillende betekenisse vir verskillende mense. As ‘n lelike ou met ‘n pragtige meisie aan sy arm pryk, (of andersom) sou die ou tannies agter hulle hande fluister: “Wie sou nou kon dink dat ou Piet kromneus so ‘n mooi blom sou pluk. Die liefde is voorwaar blind.” […]
Gat Gety
sekondes sekondeer sekerheid van tyd tye en tuie gulsige suip teue wat mistig teer op die donker van onsekere tuimelvalle van bestaan mistrane uit misvormde misverstande versuip in die valse sproei van wit ongekend in die diepte van spyt stoei kragdadig dom teen golwende lig onstuimig in mislukte depressie stuit die kookpot van wanhoop grypswem […]
Skakering van liefde
jou wakkerword-glimlag straal songeel deur my ontwaak wat goue nektaarstrepe heunigsoet boeket my dag vlerke gee om met arendsvlug deur elke blou te klief later met skemergroet my dors-verlange met nartjiefleur-vrede af te rond wetend … dat jou teenwoordigheid in liefdeskakering my menswees met koloriet bespat ©Driekie Grobler (2021)
Die vrou by die hek.
Soms kan ek ons net ons lewe waardeer wanneer ons met realiteit gekonfronteer word. Engela moes dit leer deur Riekie se oë. 'n Storie van diepe dankbaarheid te midde van die swaar.
Sondag by Augrabies (BRONS)
Sondag by Augrabies Oordonderend, verruk, aanskou ek verstom tevrede die oorvloed stortend na benede. Maar net voor ek dankbaar wegry noem iemand terloops teenoor my: “Die eintlike piek word Woensdag verwag”. En eensklaps word ek meegesleur deur die onvergenoegde gesmag na daardie ietsietjie meer wat ons alewig begeer. ©ASvdMerwe
Die wêreld in 2021
NIEMAND het die ineenstorting van 2020 sien kom nie! En ALMAL se verwagtinge – wat dit ookal sou behels – moes opnuut herrangskik en heroorweeg word. Buiten die twee wêreldoorloë, het ons al ooit op hierdie skaal so ʼn globale trauma beleef? Enige verwagting dat ons lewe rustig in sy gebaande weë sou voortbestaan asof […]
Om te hoop of nie te hoop nie
Iewers het ek gelees dat slegs 10% van ons verwagtinge ʼn werklikheid word, veral wanneer dit negatief is. In ʼn kits kan jy jouself in ʼn toestand van stres en vrees indink, en dan word dit nooit eens waar nie! Magdaleen Krüger van RSG skryf die volgende : “Ons het uitgesien na 2021 in die […]
ONAANGERAAK
As ek vandag êrens in die Kgalagadi park tussen Hartebees, Wildebeest en Afrika Luiperds kon sit sommer net so platgat in die stof sou ek my vergryp aan die wonders van ons land ek sou vergeet van die Boland se berge en my Vallei vol stomp goue koringlande. Ek dink ek sou eers Sekretarisvoëls en […]