Liefdesvloed
trek oop die sluise
van jare se retensie
sodat bruisend kan tier
‘n liefdesvloed
meesleurend in ekstase
na onbekende loop
om jare se hegtenis
sielvol te ontsluit
sodat droë beddings
versadig kan word
met ongekende behae
my verhef tot najade
en ek stil, tevrede
meandries weg kan vind
na gedeë spoeling
vir vredevolle sielsrus
©Driekie Grobler (2021)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige gedig, jy mag slegs 2 inskrywings per afdeling inskryf vir die projek