Asemlose denke
in afwagting se bleek lê die kim asemloos, ongeverf en grou in die skadu’s van die eerstelig (op die sonbraaksels – van oker, oranje en rooi) en wag begin om só nuwe dwarshoutpaaie te soek want gebreekte stiltes het ook ‘n doel splinterglas kan tog ook skitter en skyn en – donker dieptes besit ‘n […]
In Ocean Basket (SILWER)
In Ocean Basket Sushi is vis. Dood en rou. So ook jy en my verlange na jou. Ek eet alleen aan die groen goed met die naam wat ek altyd vergeet. Dit slaan my asem weg en brand ‘n pad af in my keel: amper so intens as die seer om te weet dat ek […]
Wou (SILWER)
Wou ek sou jou graag wou liefhê ek’s spyt om dit nou kras te sê ons was vir mekaar bloot nodig (dit besef ek nou – t’rugwerkend gebeskou) so trane is oorbodig nou wat jy finaal jou rug draai op wat ons saam gesaai (én saam verdraai) het net (gun my dit tog maar sê) […]
Is daar nog hoop?
Die oer ou ritme tamboer teen my bors Ons vir jou Suid Afrika nostalgie braak suur die nasmaak daarvan vertrek my gesig laat my skouers buffelskof; Here waarheen nou? Ons vir jou Suid Afrika die wanklank eggo vals teen beton kranse koggelroep deur murg en been verdwyn dan in senutergende stilswye Ons vir jou Suid […]
Geite en Feite (Silwer)
Snaaks hoe iemand iets kan kwytraak, ander dit kan opraap, en ‘n geit oornag kan laat verander in ‘n feit! Kyk nou maar net weer al die berigte en sensasionele stories en boodskappe wat oor ons spoel vandat die “corona” ontwaak het. Voor dit was dit die “sars” en voor dit … So sal ons […]
Volkome eensgesind
O oordrewe mooi soetlief, ‘n seisoen sonder palreëns ons op ‘n salige somervakansie hiér by ons rooi-geverfde strandhuisie lê die klipperige vlakte uitgestrek na die skuimgolwende oseaan met rotse wat opkrummel soos dwarsmure in stroombeddens jy my melbraperske pronk geblomde neteldoeke; vlinderrokke vinjet tot oor jou pienk voete en elke keer as jy met ‘n […]
IN DONKER GEHUL
(BRONS) donker die nanag uur waar onsekerheid soos ’n ongewenste swangerskap tot barstens toe die lug vol hang ’n onbereikbare horison êrens in die swart die soeke na antwoorde tevergeefs soos om die Suidoos in een asemteug vas te vang die begeerte na verstaan wat uitloop op misoes as bietjie dag deur die duisternis breek […]
Sy Seer ( brons)
Sy seer Daar is blomme op die rak, `n brief in sy sak, seer in sy glimlag en krake in sy hart Met sy voete in modder en hande in sy sak, val rëen op sy gesig en trane uit sy hart Wanneer hy haar naam hoor maak dit soms seer, met die wete wat […]
My Redder en Hoop Silwer
Ek strek my hande na U Hemelheer lê my sorge voor U voete neer my stem vereer U heilige Naam sing ‘n loflied in aanbidding saam my Redder my Hoop my Rots alom my Herder van wie my genade kom ek jubel en juig my hart sal getuig van my oneindige liefde vir Hom my […]
My Skat (Brons)
My skat My liefde vir jou lê kaal, ek bely dit op skrif `n laaste maal. Blonde hare, blou oë sag, lê my hart vir jou en wag. Opgewonde sleepvoet swaar, deur blareharp se snaar. Hande sweetend omvou, blywend bly ek wag. Hart se kamers lê in wee winde van moed draai binne my. Die […]