Die keuses wat ons maak (Silwer)
Ons elkeen skoei ons lewe volgens ons eie keuses en gemak. Sommige van ons probeer die hoogste sport in ons beroep bereik. Ontsien geen moeite om soveel moontlik te leer, soveel moontlik tyd te bestee, en alles in die stryd te werp om tree vir tree daardie korporatiewe leer te klim nie. Ons leer soveel […]
Visserman
daar staan hy in sy vissersman gewaad, in sy heimwee dink hy terug aan eens ons geskiedenis en praat met homself was ek maar iets anders maar nou is ek ‘n visserman swoeg en sweet ek vir my gesin maar die hele wereld lê onderstebo hier staan ek by my skuitjie en my verlange tuur […]
Intertekstuele uitdaging
Strooi my as oor die oseaan. los my daar wild en stormvol en ewig vleesloosvry en hawevoos; met bruisende golwe tussen wind, sterre en die maan, dobberend tussen kontinente – laat my vaar, vortex om my realiteit toeskietlik in my onvergangklikhied. Strooi my as oor die oseaan. vergeteld in die eggo van my bestaan, © […]
mag God ons hoor
mag God my hoor troossag koud eensaam warm my kreet val op dowe *oor mag God my hoor hulle swart die wêreld hulle kou klanke koorsig dans saam met hulle eie ek gee vir ander nie ‘n plek g’n vir niemand niks woorde helder dof trap bo-oor mekaar die holgille maak my klaar in hul […]
Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg aronskelke blom nie meer hier nie die blou lug hang in dik wit wolke aan die hemelruim se wange ek kyk oor die vallei Hadida’s steel die stiltes mense kom en gaan woelig party bly te lank ander slaap net oor en soms sterf iemand hier […]
Seile voor die wind (Silwer)
So baie keer vra ons die Heer vir genoeg wind sodat ons ‘n bestemming kan vind. So baie keer wag ons lank met oë moeg gestaar na die kim se rand en dink wat ons kan vermag wanneer God die wind stuur, eendag. ‘n Dobberende skippie wat taan wiegend op die lewe se groot oseaan […]
Wat kyk jy? (Brons)
in die swerfjaar van Ferguson ploegvoor vyf in die turfland was my ploegskaar verpand toe ek vasval op Morgenson my ratkas het gekrap van woede die aanklag die begin van saaidag geen poging om stuurstroop te versag al wat oorbly was roesroede verward verstard hardebaard het ek stikkend tog verkwikkend rooiwasig en lagwekkend oë gestreel […]
Meditasie as medikasie
(woordtelling 397) As ek my familie en Christen-vriende moet glo, is ek verseker met haastige treë op die breë pad na daai gevreesde warm plek want sien, meditasie is mos iets van die bose. Joga ook, al beoefen ek nie Joga nie maar eerder Pilates. Vir die oningeligde is dit egter een en dieselfde ding […]
Die soeke (797 woorde)
Ek sluip katvoet van een skaduwee na ‘n ander. Telkens loer ek oor my skouer om seker te maak niemand volg my nie. In die verte kan jy die polsende klank van voertuie wat vlieg en die ritmiese klak-klak van die wat op spore beweeg hoor. Miljoene mense wat iewers moet wees. Reuse hologramme flikker […]
KOSMOSVREUGDE (SILWER – 398 WOORDE)
Die mensdom is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie, ons het mekaar nodig, dalk meer as wat ons ooit sal besef. Soms gebeur goed tussen vriende, waarvan baie dalk net ‘n misverstand is, wat veroosaak dat ons uit teleurstelling en/of woede ons rug op kosbare vriende of familie draai. Dan kom […]