Ewige dankbaarheid
dertig jaar terug Liewe Heer het U my met U liefde kom vul die afgronde het my gegryp waar dinge nie maklik was nie maar daardie dag dertig jaar terug het my hele wese na U gesmag terwyl woorde oor my ore gly en sagte hande my gesig aanraak kom lê dit diep in my […]
Gun ons die hier en nou (Silwer)
Die jaar is vinnig besig om onder ons uit te gly. Terwyl ons nog die mooi en vrolikheid van Oktober, met al sy blommeprag, geniet, blink oral in winkelsentrums reeds tinsel en Kersfeesklokkies. Word geskenke oordadig uitgestal om jou daaraan te herinner dat jy finansieel sal moet sak skud, want die seisoen van gee en […]
Kaal werf
Overberg se boer wag Kwynend vir die ryptyd van sy arbeid Tog staan mielies steeds yl Oestyd baie skraal Brak tot in die wortelstok En verskroeid na bowe Rig hy nou sy gebed na God. (Silwer)
Steen in die Bos
mure in vele teksture veilig op fondasies ongesien klou bakstene styf vas in vierkantige veiligheid neste al toegang gate geslote gate dam warm klanke, vars geure en visioene deur gapings dring koue geluide, vrot reuke en vrese sagte gesels binne mure ń knus warm kombers alleen gedagtes klipharde bakstene opsoek na mure
Eierkelk
sag eierkelk my gedagtes heen daar waar die rus na waters lei waar geen traan dit meer kan keer soos ‘n waterval strompel na onder met die hoop dat waters sal val daar waar mens en dier die hongerpyne nie kan keer oorvloedig smeek ons U weë tastend voel ons die droë aardkors die donker […]
Draai van ‘n seisoen (Silwer)
“As ek moeg word vir die lewe se gewoel …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Geen boom kan vir ewig bly voortbot en -groei nie. Daarom is daar seisoene, ‘n tyd […]
persona non grata Silwer
Ek is enkeling, uitgestoot – velore – verdwaal iewers tussen nêrens en niks, naamloos in ‘n wêreld vol haat. Diep en donker weggesink – val daar ‘n enkele blaar op ‘n houtkis, geen blom geen traan, ek is – persona non grata in ‘n wêreld vol pyn. Ek is vry.
Ridder van die Langpad
moeg en afgemat sit hy met sy bondeltjie op sy rug tuur die verte in die alleenheid is besig om hom te vang rus hy op sy kierie want niemand ken hierdie bielie want met stof is sy skoene verweer en sy baard sonder skeer diep is sy verlange na ‘n lekker bord kos is […]
Verskuilde hartseer
in haar wese diep hartseer verskuil agter die mooiste glimlag verlange na haar geliefde stil het sy dit verberg vrou van die liefde tog smagtend daarna om net liefgehê te word wetend haar geliefde se hart gedwaal het weggesteek in vriendelikheid maar ons bewus van haar seer in haar wese het sy vasgeglo dat veranderinge […]