Smeekbede (Silwer)
laat my losbreek . . . vry en hoog vlieg om my vlerke, vir jare reeds geknip tot wasdom te laat groei laat my nóú ontsnap . . . ongebonde glyvlieg om nuwe reisweë te ontdek die heelal se hemelstraat met vertroue te vind ek wil vergeet van aardse *treurspel van vrees en smart pyn […]
OP PAD NA MÔRE (goud)
Oopgestrek tussen hemel en aarde skreeu stemme in my kop ‘n lyf vol letsels mank spore wat vorentoe swenk in my hand hou ek ‘n hart jy gee vir my al jou gisters en môres ons loop verder in skadu’s onder melkhoutbome ons luister na bokmakierie streel oor bosbaarde om te dink dat ons bekende […]
Mashalan Taben
MashalanTaben Droom groot het sy ma altyd gesê. Jy kan meer wees as wat jy ooit kan droom. Vandat hy kan onthou wou hy ‘n verslaggewer gewees het. Daardie dapper onverskrokke mense wat met ‘n fotolens hulle lewens waag om die ware nuus na die mense te bring. Die drugs en streetlife het hom bietjie […]
Êrens lê ‘n kind en huil
Êrens lê ‘n kind en huil Êrens in ‘n ver ver land lê ‘n kind en huil haar verlange in haar stem verskuil sy het in grendeltronk beland Haar hoop verbrokkel om haar ouers te besoek saam te deel in Kersfeeskoek in ‘n hartseer kombers gewikkel Êrens staan ‘n moeder op haar knieë trane loop […]
Die gawe van gee – ‘n Kersboodskap (Silwer)
Die boodskap van die wêreld is, ‘sorg eers vir jouself en dan vir ander’. ‘Kyk eers goed na jou eie belange voordat jy jou veel steur aan ander se doen en late. Maak besluite waarby jý die beste gaan baat.’ Maar dis nie wat God van ons vra nie. Hy verag selfsug en eersug. Sy […]
Ontsluit die poort na jou hart (Silwer)
O, beminde van my … ontsluit die poort na jou hart, lei my oor blaarbedekte voetpad weg van sinlose liefdesmart. Ontbos die toegerankte skanse, sodat jou oog weer opwaarts gly oopbars deur loofkruin, na hitte van die son. My versugting resoneer klankloos deur ons liefdestuin se windstiltes, slinger na vasklou om verdorde takke, waar my […]
Teleurstelling (Silwer)
Ek stap die pad sleepvoet swaar want die huppel in my wandel het teen versetberg verstar. Waar eens sonskyn en vreugde was lê nou slegs ‘n paar korrels as. ©Driekie Grobler
Skenk
die fees is dik as mae warm vol is velle in wol verwoel is die oes is ongevra oorgedra dit is wragtig skenk op die werkrant staan ń swaar dorsmasjien die oes nou vinke kos eie huis en haard in ń kaal leegte onbesone is gee oeste verlore vir geër skuldige ontvangers vreet dun verspreid […]
Ongekende kronkelweg
Geheime beloftes skuim op teen die rotse sonder gewete, sonder skaamte iewers in die verlede soek ek tevergeefs na antwoorde In die branders se breek, eggo hol slegs spore, weg van my drome tussen die kreukels van die lewe gloei die maan se lig strale Emosies Realiteit Herinneringe is ‘n tolbos wat my rondslinger, oppad […]
Hunkering
In elke vrou lê daar diep ‘n hunkering wat nie gevul is soos sy verwag het nie stil het sy geword in haar stil tevredenheid terwyl sy ‘n diepe teleurstelling iewers berg blomme sien sy meskien raak maar was dit haar nooit gegun het dit haar meskien nooit vermaak wonder sy waar het alles dan […]