Net ‘n wintersprokie (Silwer)
Die Sneeukoningin is vlok bevlok – hul sê dit val soos bye uit ‘n hok. Sy vries die warm hart van Kai, want sy is ysig kwaai. So vang sy ook vir Racheltjie en Klara Majola in die veld. Die volk se trane bevrore oor elke klein held. Ons kinders kyk nog Heidi, Dawie die […]
Oyuki (Silwer)
Oyuki loop deur die sneeustorm, ys klou aan haar blou kimono. Die wit duisternis verberg die landskap, maar sy kan voel waar lewe probeer deurdring. Sy draai regs na waar hitte wil-wil sterker word. Sy waai haar hand en die sneeu verdwyn voor haar. ‘n Hout hut verskyn. Sy grinnik. Alhoewel die hutjies oor die […]
Blou Lig
Gloeilampe hang van elke boomtak, wat die donker bos verlig. Dit was absoluut pragtig. Die aand voel minder eensaam met die ligte daar. As ek nader kyk, kon ek sien dat die gloeilampe eintlik feetjies is. Nie soos Tinkerbell nie. Hulle was soos mense in vorm, maar suiwer wit met kobalt-oë. Witblou lig het van […]
wanneer winter sterf (Brons)
Ek sien die spookasem geur van perske puntjies hulle koppies opdraai in volle blom. Voel die warm sang van nuwe vrug wat die somerson verwelkom. Fynvlerk bloeiknop balarinas baljaar in die wind. Ek hoor die witvlek vlerkies van ‘n blommekind. Ek ruik die roesbruin kleur van die ou kromhout; proe die heuning in kleure van […]
Opelug
“Dit is nie wat ek bedoel het met ‘onsigbaar’ nie,” sis Malachi. Die skare versamel om hulle en vul die amfiteater. “Ontspan, niemand kyk na jou nie,” sê Beau, leunend teen ‘n boom. “Hoekom sou hulle? Ek is korsmos!” “En?” “Ek het jou gevra om my onsigbaar te maak, nie onaangenaam nie!” Beau lag. ‘n […]
Poetsbakker
“O, almal het gedink jy’s mal,” sê die groen-gevlekte wimple-feetjie en grinnik van oor-tot-oor. “Ek bedoel, wie sou gedink het dat ‘n ridder so ‘n wonderlike sangstem sou hê?” Die dawering in Dylan se ore verdrink die musiek, die lag van die partytjiegangers en als anders behalwe Michael se gesig. Hy wou sy swaard trek […]
Stompsinnigheid
“Probeer ‘n ander een. Vinnig!” sê Maggie terwyl sy rond trippel. “Ek het! Die chimera is net té sterk!” Danielle kyk na die monster moedeloos. Lawa spat na hulle vanaf die vreesaanjaende gedierte se bek en mis hulle net-net soos ‘n botsende towerspreuk die chimera in die oog tref. “Ek’s te jonk om te sterf!” […]
Heerser van die Woud
‘Ek moet met ‘n mens praat,’ dring hy aan. Ek loer vir die elf wat by die hek van die kasteel staan, nie seker of ek reg sien nie. Elfies kom nooit na mense plekke toe nie. Meesal omdat hulle verkies dat ons van hulle s’n wegbly. Net stilte ontmoet hom. Al die wagte bly […]
MY LEGKAART
MY LEGKAART My lewe is ‘n legkaart op my eie lewenvaart elke stukkie is saamgesit ek het hard vir alles gebid stukkies op die tafel neergesit my legkaart as ek voor hom sit my droomplan wat verby my glip in die mooiste storie vir my toe gezip as ek […]
tokkelossie
skeel-oog se tja-ma kyk in kalbas se kelk sy sè: “jy moet bokgoed ja tokkelossie steel hul melk.” skeel-oog dans n gode-dans al agter die bok hy’t suutjies-suutjies agter die berg geloop hy’t vir mamma-goed gejok hy’t koffie se wit-maak-goed aan kaaiman vir twak-goed gaan verkoop.