Towerland Lentedans (Brons)
Suutjies murmer feetjies liefdesliedjies langs die stroom, die kleine handjies fladder vlugtig deur my droom. Ek ruik die kleur van perske bloeisels wanneer hulle staffies saggies swaai, die spookasem geur klingel as hul rokkies vrolik draai. Lente strooi sy mengelmoes van draairoomys kleure en donswatte bolletjies in speserygeweekte geure.
Bos van Nagmerries
Dit is soos ‘n herinnering aan ‘n droom. Maar die hout splinters wat in my arm brand, belowe dat dit regtig is. Pyle flits verby en in die bome rondom my ingebed – byna mis wat bedoel was om dood te maak. Nog ‘n projektiel kom naby verby, net my bene wat onder my ingegee […]
Nagmerrie onder die Olmbome
Om in die bos te woon, was lankal ‘n taboe. Tog het Danni geen keuse gehad nie. Net haar tatoeëring het haar beskerm teen die monsters. Net haar ring het haar aan haar susters verbind. Op ‘n sekere punt het die bome genoeg verander dat selfs sy wat deel was van ‘n boom binne een […]
Grys Skakerings
‘Jy is nou een van hulle,’ fluister sy. Rillings vee oor my terwyl ek kyk na die trio wat in ons rigting grinnik. Ek wou dit nie glo nie. Tog … toe ek my oë toemaak, kon ek steeds alles rondom my sien, hoewel dit in grys skakerings was. ‘Wat gaan jy doen?’ vra Alyssa, […]
As Duisternis na Lig verander
As ons daaroor dink, moes ons die blokkade vroeër opgestel het. Toe ons begin bekommerd raak het, was dit al te laat: die koue het in ons stad ingeglip. Dit is wat gebeur as jy dink dat vampiere net tot die ryk van die onwerklike behoort. Die ster val uit my greep. Die are op […]
Sirene Roep
Net die heel oudste mense onthou. Alhoewel, selfs hulle wens dat dit net ‘n verhaal was. Hulle wat aan die oewer van die groot meer woon, weet almal dat hulle versigtig moet wees vir die water: onbewuste vissers verdrink, en kinders wat te ver inswem. Maar die ware afgryse is dié van jong mans wat […]
Die Mis (silwer)
Dit het ons drie dae geduur voordat ons vorms in die mis begin sien het. Alhoewel ek die ander met toorkrag aan my vasgemaak kon voel, kon ek hulle nie sien nie; selfs my eie hande was ‘n wasige gemors – my oë help my glad nie. Die mis het op ons neergedaal die oomblik […]
Drake Plaag (Silwer)
‘Skraap dit af voordat jy die mat vlek!’ skree Marge terwyl Red grot binnekom. ‘Jig! Jy kan nie deur die bos loop sonder om in draakmis te trap nie. Het jy al iets omtrent die plaag gedoen?’ Hy skud sy kop en haal sy hoed af. ‘Duidelik nie, of my gunsteling skoene nie nou so […]
Die een wat weggekom het (silwer)
‘Ek vra nie dat jy my vlei nie.’ Ek kyk na die nuutste lid van my span deur vernoude oë. ‘Ek verwag egter dat jy my moet gehoorsaam.’ Ek sien hoe hy sluk, hoewel hy dit probeer wegsteek. Die kamer is stil, asof dit wag vir iets om te gebeur. Kerse flikker in die briesie […]
SLAAPTYDSTORIE
SLAAPTYDSTORIE Huh-uh, hierdie is nie een van daai verspotte stories wat die Grimboeties uitgedink het nie….. Natuurlik was dit eers verspot gewees; jinne! Ek het nie erg aan simpel meisiekinders wat gifappels eet, en by beertjies se huis inbreek, en hulself deur `n spinwiel laat steek om ‘n leeftyd om te slaap nie. Ek het […]