resep vir geluk
guitigheid uit herdersblik hou oor haar krose die wag leer almal hoe om te lag rooi wangetjies verruklik blik vol innerlike krag bereid om saam te vermaan sal kinders altoos verstaan liefdevolle huis vol lag huis en haard sal nie vergaan een van wil, vlees en geloof sal hul mos kan voortbestaan ©Teárlach
poëtiese kierie
in deining van see is daar ‘n kierie wat swaai wat golwe aanwys hoe en waar so het die wind ‘n rigting aanwyser wat haar wys waarheen om vog te bring net ou mense loop tog met kieries behalwe dié wat siek geword het dit nodig het om regop te bly maar elke mens het […]
Lees jy my?
my builtelyne sien jy met die eerste oogopslag my binne lyne lees jy – jy lees dit elke dag maar tussen al die lyne lê die wete van my wese die ongeskrewe woorde die mis- of ongelese en hoe sal jy dit verstaan ek ken self nie eens die taal nie om dít wat tussen […]
Naweek: ONTDEKKINGS
Naweek: ONTDEKKINGS Dikwels gaan dit in die lewe om die gesigshoek wat iemand inneem as ons wil weet presies wat hy wil sê. Wat hy eintlik meen. Uit ‘n ander standpunt sou iemand anders dieselfde wou meen, maar sou dit in ander woorde gesê het. In ‘n ander beeld sou geklee het. ☆ Die ontdekking […]
Die padlopers in my lewe (2)
En vandag gebeur dit weer. By dieselfde swaar, swart hek staan ‘n padloper …met ‘n kortbroek aan in die yskoue winterweer. Ek sidder vir sy onthalwe en stap nader. Hy hou ‘n heel brood na my toe uit. “Kan Tannie asseblief vir my help met so ‘n bietjie smearings op die brood?” Ek vat die […]
Die padlopers in my lewe (1)
Buite op die sypaadjie in die winterkaal Plataanboom maak dieselfde duifiemamma vir die afgelope 5 jaar haar nessie. In uiterste omstandighede bly sy sit tot haar kuikens groot genoeg is sodat sy uit die koue uit son toe kan gaan vir die res van die winter. Omdat sy die toonbeeld is van ‘n superma soos […]
versugting
oranje blanje blou wie kan dit onthou dae van voorspoed veiligheid geen vrees van kleins af so gewees jare na die groot oorlog jare van stryd en vasbyt jare van verskil maak baby-boomer-jare tot kleure verander in swart-groen en geel jare van afbreek en verguis jare van afkraak en verdag-maak jare van onrus en volksmoord […]
Patos
‘n Reis onderneem langs wilde roetes is die een van besieling want hartstog ontkiem daar waar dit vind dat dit kan blom sonder tong en stom is soms luider as sonlig vir ‘n blinde of as liefde vir n onbeminde
tydloos
soos golwe in drieë of getalle van vyf die strand nader so is die jare van ‘n mens ook van seun na pa en oupa tot oupa grootjie min sien ooit verder so bou golwe op in krag so neem hul krag ook af val soms soos karthage en romeinse ryk in eindelose rommel neer […]
Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag wou ek weer in jou arms kruip so sonder gedagtes of tyd wat my versmoor soos toe ek nog my hand veilig in joune kon vou maar nou moet ek myself in hierdie godverstreke spasie weerloos in wolke wind. Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief tot dagmerke […]