Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Filosofie"(Bladsy 175)

Terwyl haar trane soos herfsblare val ritsel die nagwind (sjoe-sjoe-sweep) deur haar takke -wieg saggies (tula-tula) elke druppel wat val -ver verby verstaan v-e-r-g-e-t-e, hier, onder die sterre wat helder skitter van doer bo. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou

Toe die duitse Rykskanselier, Otto von Bismark sterf, druk die britse tydskrif, Punch, ‘n tekening van ‘n ouere marine-offisier wat die gangplank van ‘n skip afstap, waarby alle sigbare matrose stram salueer. Die onderskrif was: ,Die loods gaan van boord.’ Hy het oral in die wêreld hoog in eer gestaan en het altwee keisers Wilhelm […]

Liefde in die kleine Uit ouklip is jy gekap; jou skaapwolbroek bruin soos mis jou kraaghemp ’n vaalblou lap. Winde het teen jou gewaai in gebed,   die klanklose teater van geboorte. Nog voor die rypmis maar in die trog van aarseling, het growwe hande jou aanskou en die beiteltjie het skoon gekap. Die beitel […]

Onthou jy die eerste keer wat ek besef het my laaste woorde vir jóú het opgedroog; jou laaste glimlag het ook na stof gekeer toe die eerste haan drie maal kraai. Onthou jy hoe herfs haweloos gehuiwer het; voor hy sy verkleurde vingers om jou hals kom hang het — winter was bleek (soos was) […]

Sy kyk hoe hy wegstap (die wind uit haar asem slaan) ‘n hele orkaan tonnel om hulle: grys verkleur na wít die heem’le gil sag terwyl Gabriel sy vingers oor ‘n harp streel. “Hoor my lied elke woord is uit suiwer goud gegiet.” Sy sien hoe haar hel transformeer toe hy, herlaas omdraai; lank na […]

Half deurskynend breek die dag onder ‘n sekelmaan wat sag lag gedagtes embrio in haar prenatale kop, ongebore woode vlek haar denke — (egalig en rasionaal) drup deur haar doudagdrome dis hier waar haar stiltes vrede baar; eggo’s nalaat wat realiteite vol asem blaas, want met Sy genade kan sy leef streef selfs tot by […]

Ek het met die wind gepraat en sy het my verstaan Ek het vir die maan ‘n liefdesbriefie agtergelaat Met woorde en allegorieë die bladsye bekrabbel met my drome en verspotte teorieë onbeheersbare hartseer die hele brief deur gebabbel Ek het ook oor jou geskinder oor die banaliteit van my bakvissie verliefdheid en die spektrum […]

deur
vir Gedigte

Ek skryf vanaand vir myself, Vir arme ek. Die vreugdevolle flindertjie vasgevang in die duisternis Van haar eie psige, Sy verdrink haarself, ‘n swak poging In haar twyfel en verloorenheid Vasgevang in ongeboorenheid van ‘n vorige lewe. Met spelfoute en misvormde rympatrone, probeer sy tog bo uitkom, Tog soveel neerslae alreeds in haar eie kop, […]

deur
vir Gedigte
op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed